Hermanus beplan 'n walvis van 'n fees
2011-09-01 11:33
Die Two Oceans Hermanus-walvisfees het, soos die nuwe naam aandui, vir die eerste keer in 20 jaar ‘n groot borg.
Dit gee aan organiseerders die geleentheid om ‘n opwindende fees met ‘n verskeidenheid van aktiwiteite te beplan.
Die fees is ‘n inisiatief wat fokus op die see se groot vyf – walvisse, haaie, dolfyne, pikkewyne en robbe.
Dit duur van Vrydag 30 September tot Dinsdag 4 Oktober en val saam met die skoolvakansie, so maak seker jy bespreek vroegtydig verblyf.
Feesgangers kan uitsien na uitsoekkos, kuns, handgemaakte items, musiek, sportgeleenthede, vermaak vir die kinders en natuurlik fantastiese uitsigte oor die see, met walvisse wat etlike meters van die strand baljaar.
Vir meer inligting or die fees:
Webwerf: www.whalefestival.co.za
Telefoon: 028 313 0928
E-pos: festival@hermanus.co.za
– iafrica
– Volg Nuus24 op Twitter