Groot pret op ’n Afrika-avontuur
2011-11-14 12:14
Wat is beter as om op ’n Afrika-avontuur omring te wees deur die mooiste flora, fauna, watervalle en landskappe?
Die volgende bestemmings behoort op elke avonturier se doen-lysie te wees:
1. Zambië: ’n moet vir elke reisiger
Zambië is die helfte van Europa se grootte en huisves asemrowende wildernis-gedeeltes, nasionale parke en meer as 740 voëlspesies.
Die land spog ook met van die wêreld se mees gewilde aantrekkings, soos die Victoria-waterval, die Zambezi-rivier en die Kariba-meer.
Zambië bied ’n legio safari- en avontuurreis-moontlikhede aan.
2. Mosambiek spog met voorste tropiese eilande
Mosambiek bestaan uit ’n reeks verlate tropiese eilande en koraalstrande.
Die land bied eindelose doendinge, safari’s, en heerlike, vars seekos, om maar net ‘n paar dinge te noem.
Hierdie marine-paradys is ideaal vir ‘n wittebrood en is enige avontuur-reisiger se droom.
– Lees hier vir meer oor avontuur-bestemmings.
– Volg Nuus24 op Twitter