Diamantmuseum open in Kaapstad
2011-12-09 12:07
Kaapstad – Die Kaapstad Diamantmuseum het sy deure vir die publiek oopgemaak by die opgeknapte Clock Tower by die V&A Waterfront.
Dit is die enigste museum van sy soort in Kaapstad en die eerste wat hulde betoon aan die besonderse storie van die Suid-Afrikaanse diamantbedryf.
Die Kaapstad Diamantmuseum is die jongste op Kaapstad se lys van moet-sien-aantreklikhede en is gerieflik geleë by die poort na die wêreldbekende Robbeneiland.
Mariette du Toit-Helmbold, uitvoerende hoof van Kaapstad Toerisme, sê: “Die Diamantmuseum is ‘n opwindende toevoeging tot Kaapstad se diverse aantreklikhede. Dit vertel die stories van ons stad en ons land en die ervarings wat ons geskiedenis gevorm het.
“Die Diamantmuseum sal besoekers en inwoners ‘n eerstehandse ervaring gee van Suid-Afrika se merkwaardige bydrae tot die internasionale diamantbedryf.”
Die museum het ‘n verskeidenheid outentieke artefakte wat die ongelooflike storie van diamante vertel en veral die storie van Suid-Afrika se diamantbedryf.
Die hele ervaring is ontwerp om te verseker dat besoekers die opwinding en misterie voel wat met hierdie pragtige skatte verbind word en om meer van een van Suid-Afrika se grootste uitvoerprodukte te leer.
– Lees meer by iafrica
– Volg Nuus24 op Twitter