Deur die woestyn op 'n 'perd sonder naam'

2011-10-20 14:50
Tweets Share Share line Print

Foto: Verskaf

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Al was sy 1988 Land Cruiser lag-lag die oudste in ’n toergroep wat deur die duine van die Namib gery het, is dit niks om oor skaam te wees nie, sê Piet van Heerde.

En daar in die duine het sy Cruiser ook ’n naam gekry.

Die groot ou Toyota-petrolenjin (2F) luier teen omtrent 1000/1100 revolusies in derde rat teen die geleidelike skuinste uit.

Sy loop besonder glad vandag. Ons ry suid in die Tatasrivier, weg van die groot Gariep.

Dis vroegoggend en ons wil graag gaan foto’s neem by Kokerboomkloof. As die eerste ligstrale die verbrokkelde berge tref en in ’n pienk gloed omhels, dan wil jy daar wees.

Dis ook die enigste pienk waarmee ek kan saamleef.

Ons is hier op toer deur die Richtersveld en gaan oormôre met die Sendelingsdrifpont oor na Namibië en dan na Lüderitz.

Van Lüderitz af gaan ons op ’n begeleide toer deur die Namib na Walvisbaai in ons Cruiser sonder naam.

Ek is ’n toergids en ek ken die Richtersveld. Om die waarheid te sê, as dit my sou behaag, sal ek seker ’n grondeis hier kan instel.

My oupa, oom Piet, was een van die eerste wit pioneers wat die plek makgemaak het. Sedert 1926 het hy en sy ou bellows-kamera daar rondgery en plantjies en foto’s bymekaargemaak.

Hy’t ook ’n hele spul plante naam gegee en wetenskaplik beskryf. Ná hom het my pa as landmeter hier opmetings gedoen en nou ry ek hier rond met toeriste.

Ieder geval, die toeriste saam met my in die kar is ’n Duitse familie: Pa, Ma en Grootseun.

Hulle het my reeds ’n jaar gelede bespreek en volgens alle aanduidings geniet hulle elke oomblik van die kampeervakansie.

Vir die deel van die vakansie wat ons ná die Richtersveld deur die Namib saam met die toergroep gaan ry, het hulle my as drywer bespreek.

“Just driver,” sê die man vir my. Ons praat Engels met mekaar en dit wat ons nie verstaan nie, beduie ons met die hande.

Deur die Richtersveld word orals ge-oe en ge-aa oor die plante se name: halfmens, woestynroos, ganstone, hasiekos en soutslaai.

En ook oor die berge se name: Oemsberg, Rosyntjieberg, Sewe Susters en Stinkfontein se berge. Ek vertaal sommer direk vir meer trefkrag.

As jy die eerste keer jou voertuig se voorbande op daai pont sit, voel dit half onwerklik – ’n bietjie onstabiel, maar tog veilig.

Die pont is eintlik maar net ’n vlot aan ’n kabel met buiteboordmotors. Hy vat twee voertuie.

Die Richtersveldse manne aan die stuur het hul eie gedagtes en hul eie bestuurstyl. Hulle geskerts maak dit ’n gesellige bootrit.

– Lees verder by WegRy

– Volg Nuus24 op Twitter

 

Lees meer oor: richtersveld  |  4x4  |  reis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2008
R 122,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.