Beste nuwe roetes in die Wes-Kaap
2011-11-03 15:42
As al wat ’n toeristebestemming is deur jou kamera vasgevang is en selfs die blinkste reisbrosjure jou niks vertel nie, is dit tyd om ’n nuwe voetpad in te slaan.
Te danke aan ons land se innoverende reis- en toerisme-kenners is daar in 2011 vyf splinternuwe roetes in die Wes-Kaap bekendgestel wat selfs die mees deurwinterde Afrika-reisiger sal beïndruk, hetsy jy die land op ’n 4x4, ’n bergfiets of te voet verken.
1. Die Voortrekker Express-roete
Verken die onbekende… Aangesien geen 4x4 die krag van ’n ossewa het nie, sal jy dié roete slegs met ’n "overland"-vragmotor kan aanpak.
Die Voortrekker Express Trip is ’n toer wat die ware smaak van Afrika bied.
Die reis begin in Kaapstad en neem jou na die reuse-SALT-teleskoop by Sutherland en draai by dorpies waarvan jy nog nooit gehoor het nie.
Kamp by die Oranjerivier en ervaar Evita Bezuidenhout se gasvryheid eerstehands. Keer terug na die Moederstad met ’n lekker hart en nóg lekkerder stories!
2. Die Kaapstad-ontwerproete
Geniet die ontspanne atmosfeer van 2014 se Wêreld-ontwerphoofstad se natuurlike skoonheid en kreatiwiteit.
Hierdie roete spog met van die mees talentvolle kunstenaars se werke. Vergaap jou aan al die innoverende idees en verstommende kreatiwiteit .
3. Nuwe wynroete in die Boland
Die Franschhoek-wynvallei se splinternuwe wynroete, Franschhoek Rond en Bont, bied ’n diverse kykie na die omliggende gemeenskap en hulle kulture.
Die roete loop deur Dwarsrivier waar gemeenskappe in Wemmershoek, Bosbou, Groendal, Mooiwater, en Tyotyombeni asook Franschhoek self verken word.
– Lees hier vir meer oor nuwe roetes in die Wes-Kaap.
Volg Nuus24 op Twitter