Beleef Weskus-prag
2011-09-21 09:00
Dis heerlike lente, die winter is verby… en die Weskus is ’n warboel van kleur en stuifmeel.
Tydens die blommeseisoen is twee dinge gewoonlik aan die orde van die dag: toeriste met kameras en hooikoors.
Kleenex het met Weskus-toerisme, Noord-Kaap-toerisme en Tuinroete-toerisme kragte saamgespan om een van die grootste blommeroetes in die land aan te bied.
Die Kleenex Flower Route strek van die Weskus tot by Springbok en spog met blomme wat slegs een keer ’n jaar besigtig kan word.
Op hierdie roete kan van die groot hoogtepunte wat blommekyk aanbetref ervaar word, met van die beste uitkykpunte, inligtingsborde en handige kontakbesonderhede wat beskikbaar is.
Die Kleenex Flower Route is’n fantastiese roete om in jou vakansie-agenda in te sluit – maak dit sommer jou eindbestemming.
– Besoek DriveSouthAfrica.co.za vir meer inligting.
– Volg Nuus24 op Twitter