Ons het in die afgelope lente ontdek dat Mokala- Nasionale Park, een van Sanparke se juwele naby Kimberley, net so 'n wonderlike ervaring is as die Kruger!
Troppe en troppe rooihartbeeste, koedoes, gemsbokke, bastergemsbokke, swartwildebeeste, blouwildebeeste, elande, noem maar op...
Ook baie pragtige buffels, renosters, kameelperde, vlakvarke, jakkalse, springhase, likkewane...
Mooi verblyfkampe, vriendelike personeel en ja, die veld! Kameeldoringbome en swarthaak, vol in die blom in die lente!
Mokala, julle sien ons weer!
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.