Volgens nuus24 het die nie-regeringsorganisasie Section 27 sy frustrasie uitgespreek omdat sommige skole in Limpopo steeds (in Oktober vanjaar) nie handboeke gehad het nie.
Los die handboeke wat net nie wil opdaag nie en gee vir elke leerder 'n e-boek in die hand.
Indië wys wat gedoen kan word! Die president van Indië, Pranab Mukherjee het op Sondag 11 November 'n 7 duim tabletrekenaar, die Aakash 2, bekendgestel wat versprei gaan word aan 100 000 universiteit studente en professors vir die ongelooflike prys van slegs R176.
Die Indiese regering beplan om nog 5.56 miljoen te bestel. Hoe kan Indië dit doen?
Die tabletrekenaar word plaaslik vervaardig en Indië is die voorloper met die goedkoopste komponente en vervaardiging van rekenaartoerusting.
Die regering subsidieer 50% van die koopprys, maar kompeterende tabletrekenaars se beginprys is R400 en meer. Al subsidieer die regering die tabletrekenaar nie, is die Aakash 2 die goedkoopste rekenaar in die wêreld.
In Indië verdien een biljoen mense minder as $200 'n maand en 95% van die bevolking besit geen rekenaar toerusting nie. Die Indiese regering beplan om 'n tabletrekenaar te verskaf in die toekoms aan Indië se 220 miljoen studente.
Dink net wat gaan dit beteken aan die e-boeke mark in Indië. Die Aakash 2 is ideaal om e-boeke te lees.
Die tabletrekenaar se verwerker is soveel kragtiger as die eerste iPad en het twee keer soveel geheue. Google se Android bestuurstelsel word gebruik en die LCD-raakskerm vertoon video's sonder hakplek.
Studente kan die e-boeke toepassings gebruik en as 'n sleutelbord daaraan gekoppel word kan die toestel soos 'n tradisionele persoonlike rekenaar gebruik word.
GESELS SAAM: Hoe voel jy oor die gebruik van e-lesers (e-boeke) in plaas van handboeke in skole? Deel jou mening hier.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.