Dit is geen wonder dat dit jongmense is wat sommige mense so bangmaak nie.
Die wonder van ’n jongmens is dat hulle nie die velle van mense juis raaksien nie. En dit maak nie saak hóéveel dinge gepraat word nie, húlle is die generasie wat die ‘nuwe’ Suid-Afrika voluit beleef.
Vir baie mense is die nuwe Suid-Afrika maar iets waarmee hulle grootliks van 8 tot 5 te doen kry. Maar die sogenaamde ‘born frees’, wie is hulle? Is hulle nie die mense wat ALLES met mekaar moet deel nie?
Is hulle nie die generasie wat, noodgedwonge, saam MOET lewe nie? Saam MOET skool loop nie? Saam MOET eet nie? Saam MOET swaarkry en liefhê nie?
En ek dink dat, voordat mens ’n bepaalde politieke standpunt maak, moet jy eers bitter, bitter mooi dink. Want die feit is, die oomblik wat jy gatomswaai, dan gaan jy mense seermaak. Jy gaan mense ontnugter. Dit bly jou reg, maar weet maar, jy gaan letsels los.
En ek wil ampertjies sê dat dit beter is om mense geen hoop te gee nie as om hulle halwe hoop te gee en dan alles te wil terugtrek. Om eers die indruk te skep van, ja, ons luister na ‘julle’. Ons gee ‘julle’ ’n platform waar julle stemme ook gehoor kan word, net om later te seg nee, nou nie meer nie. Nou skielik nie meer nie. Nou staan julle weer alleen.
Maar meer belangriker nog dalk – Daar was, in 1976, óók eendag ’n regering wat nie die jeug se stem wou hoor nie. Vir wie die jeug maar net iets was wat hulle gemaak het of hulle na luister.
Ja, daar wás so regering.
- Hierdie is een van Barend se jongste blogs.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.