Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
barben666
 
Menings: 8
Artikels gelees: 257
 
 
Jongste kentekens:



 
Sien al barben666 se kentekens.
 

Watter soort kritiek lewer jy?

22 January 2013, 15:11

Eiers: Hanteer versigtig!

Daar is seker min dinge wat die eenvoudige hoendereier kan nadoen as dit kom by die uitbeelding van die lewe of die dood. Jy kan die eier oopbreek en bedien aan iemand wat ‘dood’ is van die honger en so weer ‘n dowwe gemoed ophelder.

Jy kan die eier toelaat om uit te broei en so die siklus van lewe oneindig laat voortstu en die mensdom bly aan laat wonder oor wat nou eintlik die eerste was: die hoender of die eier?

Of jy kan die eier met rus laat tot die lewe vanself daarin eindig, of soos ons sê, totdat dit vrot word en ‘n vieslike doodssreuk afgee. Dan kan jy jou opponent daarmee takel. Dis nie verniet dat daar op die eierboks uitdruklik geskryf word nie: “Hanteer versigtig!” Jy kan dalk meer as net eiers breek.

Kritiek: Hanteer versigtig!

Soos eiers, so is kritiek. Soos by eiers kry jy ook twee soorte kritiek. Dit wat opbouend is laat jou sommer voel of jy ‘n lied daaroor kan skryf en vanaf die heuweltoppe met musiek begeleiding kan laat remix met ‘n Psalm van Dawid, op die wysie van “Soos ‘n Hert” en agtergrondsang deur die Kinders van Korag.

Opbouende Kritiek...

Kan waaragtige lewe in ‘n kunswerk blaas,

of die natuur se skoon in ‘n literêre stuk plaas.

Dit kan ‘n kind tot ongehoorde hoogtes spoor,

of ‘n vakman se hande pronkstukke laat toor.

Dit kan ‘n sportmens verander in ‘n rekord-herskrywer

En die filantroop nog harder vir sy medemens laat ywer.

Elke mens se bydrae laat draai die Groot Lewenswiel

Maar kritiek wat bou is Gilead-balsem vir ‘n siel

Daar is een belangrike vereiste: Opbouende kritiek moet eerlik wees. Moenie net vir als sê “dis mooi” nie. Wys met deernis vir vroulief daarop dat sy die kort rokkies, wat 20 jaar gelede vir haar so verleidelik laat lyk, uitverjaar het en verhoed so dat sy op ‘n deftige byeenkoms dalk soos ‘n kees aan ‘n ketting op ‘n paal klim.

Sê met ferme liefde vir ‘n kind dat hul liefs iets anders as sang moet probeer en keer dat hulle dalk later sal wens dat die Idols-verhoog hul insluk en verberg vir die venyn soos wat net die gevurkte menslike tong kan spuug. Moenie met valsheid ‘n kind in die rigting probeer stuur wat jy graag wil hê nie, maar kritiseer hulle opbouend om hulself en hul talente te ontdek en die lewe, hul doel en bydrae tot die samelewing in ‘n avontuur te omskep.

Mense wat afbrekende kritiek lewer noem ek sommer vrot-eier-gooiers! Hul woorde kan jy geensins besing nie. Hoeveel ouers het nie al hul kinders in zombies verander, deur hulle langs die sportveld of akademies met vrot eiers te gooi nie?

Hoeveel aspirant-digters en skrywers het nie maar weer die pen neergesit as gevolg van die onwelriekende reuk van vrot eiers wat oor hul pogings gebreek word nie?

Hoeveel mense is nie al geestelik gereduseer tot die absolute minimum deur vrot-eier-gooiers nie? Hulle slaag matriek met die minimum vereistes. Vorder hulle tot op universiteitsvlak word hulle letterlik aan hul hare daar deurgetrek. Hulle word minimum arbeiders, minimum ambagsmanne, minimum klerke, minimum onderwysers, minimum predikante, dokters, prokureurs, magistrate, regters... die lys is oneindig!

Ja, selfs minimum parlementariërs, kabinetslede, selfs minimum eerste ministers en presidente. Een van hul verkleurmannetjie-oë is gedurende werkstyd permanent gefokus op die horlosie, terwyl die ander een darem so met die 360° rondomtalie af en toe val op hul eintlike werk. Miskien moet mens ernstig daaroor besin om simboliese “tot stof” as oor die afbrekers uit te strooi en aspirant Mozarts te vra om ‘n vrot-eier-requiem vir hulle te komponeer.

Elke mens op aarde het ‘n verantwoordelikheid om krities op te tree. Maak nie saak of jy krities jouself moet beskou, of na jou naastes of selfs vreemdelinge kyk nie. Die groot vraag is net: watter soort kritiek lewer jy? Onthou kritiek is ‘n magtige instrument wat die lewe of die dood oor jouself of jou medemens kan uitspreek. 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Willem Morris
Iets moet nou gebeur

Behuising en dienslewering is ’n baie groot probleem in Suid-Afrika. Dis tyd dat politici daad by hul woord voeg, skryf ’n leser. Lees meer...

4 menings 89 keer gelees
Gelaai deur
Hannes du Preez
Om te spel of nie...

As dit kom by spelling is hy nie die beste, maar ‘n skool moet tog weet hoe om te spel, skryf ’n leser. Lees meer...

7 menings 297 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Geen einde aan debat oor stadion

Die Stad Kaapstad sukkel so met die stadion, maar met WP Rugby aan die stuur kan die stadion vir minstens 10 maande in die jaar gebruik word.  Lees meer...

2 menings 290 keer gelees
Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

15 menings 455 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

5 menings 830 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 842 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.