Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
IZAK
 
Menings: 1
Artikels gelees: 124
 
 
Jongste kentekens:



 
Sien al IZAK se kentekens.
 

Wat van 'n alliansieregering deur al die partye?

12 November 2012, 07:31

Iets waaroor daar nou glad nie meer twyfel kan bestaan nie is dat die ANC-alliansie nie opgewasse is om die land te regeer nie en besig is om 'n totale gemors van die landsbestuur te maak.

Onderwys kan uitgelig word want geen land met 'n mislukte onderwysstelsel het nog ooit op enige gebied gepresteer nie. Dis veral ons primêre- en sekondêre-onderwys wat tans onder die swakste wêreldwyd gereken word.

Die ander staatsdepartemente presteer ook nie en word gekenmerk deur wanbestuur, wanbesteding, korrupsie en powere dienslewering.

Die toedrag van sake kan hoofsaaklik toegeskryf word aan onbevoegdheid dwarsdeur die stelsel van munisipaliteite tot by die nasionale regering. Daar is enkele uitsonderings onder andere die DA-beheerde Wes-Kaap.

Die vraag is nou waarom onbevoegde mense aangestel word? Is daar dan nie in Suid-Afrika kundiges vir die posisies nie?

Daar is, maar hulle word tot 'n groot mate uitgesluit weens die beleid van regstellende aksie en transformasie. Die regering wil op alle vlakke van die staatsdiens die demografie weerspieel en steur hulle min aan meriete by aanstellings.

Nog 'n euwel is kaderbemagtiging waar mense wat heeltemal onopgewasse is, beloon word vir hulle steun met posisies, veral op seniorvlak. Die meeste kabinetministers is voorbeelde.

Is daar dan geen oplossing vir die probleem nie?

Daar is, maar dan sal die ANC 'n totale kopskuif moet maak en wegbeweeg van eiebelang en tydelike voordele en die land se belang eerste stel.

Dit kan gedoen word deur die landsbestuur te deel met ander partye en ook te vergeet van rassevooroordele. Die tipe van alliansieregerings word in baie lande toegepas. Dit verg egter politieke volwassenheid en grootmoedigheid en afstand doen van hebsug en eiebelang. Dan kan al die kundigheid in die land benut word en al die posisies kan met bekwame mense gevul word.

Kundiges sal dan byvoorbeeld die onderwys beheer en nie persone wat beloon word vir hulle steun aan die president soos Angie Motshekga en Blade Nzimande nie. Seniorposisies soos kabinetsposte en direkteure-generaal kan proporsioneel volgens die grootste partye se presentasie steun gevul word.

Om so iets te vermag sal hare op die tande verg, maar om aan te gaan soos tans beteken dat ons Ikabod kan skryf oor ons toekoms en kan regmaak om bekend te staan as: Die Piesangrepubliek Suid-Afrika.

Die wat nog glo die ANC kan op sy eie regmaak wat verkeerd is, is naief en het totaal kontak met die werklikheid verloor.

Pres. Barack Obama het pas na sy oorwinning die Republiekeine genooi om saam te werk om die VSA se probleme te pak anders as die ANC wat die opposisie sien as die vyand wat vernietig moet word.

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Simon Riekert
‘Pierre Spies ‘n regte ysterman’

Dié Nuus24-gebruiker meen Pierre Spies ‘n regte ysterman. Op die veld doen hy sy werk en van die veld af is sy werk sy lewe... Lees meer...

0 menings 394 keer gelees
Gelaai deur
Alicia
‘Ek was amper bokveld toe…’

Haar motor het tot ‘n rukkende stilstand gekom. Toe belsuit sy om die treinspoor te volg en hulp te soek... Lees meer...

0 menings 1079 keer gelees
Gelaai deur
Tanya Jordaan
Moet nie ander afjak

Elke dag is ’n stryd om liggaam en siel bymekaar te hou. So moenie mense afjak, jy weet nie watse paadjie daai persoon moes loop nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

0 menings 612 keer gelees
Gelaai deur
Sergio Bowkers
‘Wees meer verantwoordelik’

Die lewensgehalte word verhoog en geldsake hou nie by met die vinnig groeiende verhoogde lewensstandaarde, skryf ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

0 menings 202 keer gelees
Gelaai deur
KatrinaO
My keuse

’n Leser wonder hoekom ateïste so maklik en vinnig Christene aanval, verkleineer of verkeerd probeer bewys. Wat het geword van wedersydse respek? Lees meer...

0 menings 938 keer gelees
Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor name, vanne, diere en dorpe

Daar skuil báie agter ’n naam. Veral as jy ’n Afrikaner in Engeland is, skryf ’n Nuus24-gebruiker Lees meer...

0 menings 872 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.