Ons is al die afgelope vier jaar huurders en ons is van daai tipe wat gereeld en op tyd betaal en nooit stories het wanneer dit by die betalings en/ of verhogings kom nie.
Die laaste ruk sukkel ons dat die verhuringsagente en/ of die eiendomsbestuurders behoorlik met mekaar kommunikeer ten einde 'n hele lys probleme opgelos te kry. En die een het meer stories as die ander...
En ons is die ongelukkige lotjie wat in die middel sit. Gereeld betaal, maar woon in 'n sub-standaard woning vir die afgelope nege maande (sedert die lys van probleme skriftelik aan beide partye bekend gemaak is).
Dus wil ek u vriendelik waarsku teen sommige verhuringsagente en eiendomsbestuurders... hulle is gou om u deposito te neem, maar die ondersteuning en basiese diens daarna, is presies zero!
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.