“Ek is nie straight nie pappie”
Wat sal jy doen as jou seun vir jou sê “wel, ek is nie straight nie”. In meeste Afrikaanse huise is die onderwerp taboe, maar ons lewe deesdae in ’n baie meer draagsame samelewing as in die 1980's, selfs die 1990’s. Maar dit maak nie ons Afrikaanssprekendes of moet ek nou sê Afrikaners meer oop tot die idee nie, of doen dit?
Ek het nooit die geleentheid gekry om vir my pa (oorlede) die waarheid te vertel nie, inteendeel was dit een toe diep in 30's was dat ek as ’n homoseksueel uitgekom het.
En noudat ek deur daai proses was wonder ek nog altyd of my pa my sou aanvaar het. As ek kyk hoe my ma en my broers en suster my nou aanvaar, wens ek ek het al jare gelede met die waarheid uitgekom in plaas daarvan dat ek my lewe wat ek vir myself opgebou het, so verwoes het.
Dit is nie maklik om ’n boerseun te wees as jy jonger is en dan te besef jy is anders nie. Van kleins af is ek geboelie en gemartel op skool oor die manier hoe ek myself hanteer, nie dat ek vroulik was nie, dit was net klein dinge.
Dit is op die punt wat ’n gay outjie homself in die kas druk want dis op die stadium wat almal om jou vir jou probeer wys wat jy in die lewe moet wees en doen, en op die stadium waar daar beie onreg aan gay kinders gedoen word.
So dit bring my tot die vraag vandag in 2012: Wat sal jy doen as jou kind eendag omdraai en vir jou sê, pappa ek is gay of jou dogter selfs?
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.