Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
barben666
 
Menings: 1
Artikels gelees: 287
 
 
Jongste kentekens:



 
Sien al barben666 se kentekens.
 

‘Wat nie dood maak nie...’

28 February 2013, 12:43

Ek luister gister na my gunsteling-radiostasie en daar was Hesmé en Janneman besig met hul alomgewilde lewendige uitsending van: So maak mens! “En vandag bring Hesmé vir ons ‘n vingerlek-lekker frikkadelresep”, kom Janneman se vriendelike stem oor die eter, terwyl die klanke van ‘n opgewekte lied in die agtergrond wegsterf. Hy besing die frikkadel in sulke watertand-Afrikaans dat ek onwillekeurig die vrou se resepteskryfblok nader trek, vasberade om nie één word te mis nie.

Wanneer hy asem skep kom Hesmé se stem rustig maar klokhelder soos altyd: “Vandag gaan ons vir julle ‘n baie spesiale resep gee, vir wat ons met reg kan noem ‘Die ongelooflike frikkadel’. Maar julle sal fyn moet luister en korrek skryf, want die samestelling van die bestandele van die maalvleis is van die uiterste belang. Ons gaan in total een kilogram maalvleis meng, dan kan julle dit gebruik soos julle dit nodig het en die res in die yskas bêre of selfs vries. Maar glo my, die ‘Ongelooflike Frikkadel’ is so ongelooflik lekker, dat dit op sal wees nog voordat jy kan sê: die donkie is ‘n wonderlike ding!”

“Nou ja, om een kilogram ‘Ongelooflike Frikkadel’ maalvleis te meng benodig jy: Drie-honderd-en-twintig gram lekker biefstuk maalvleis; een-honderd gram waterbuffel maalvleis… (my penhand begin genadeloos sweet!); een-honderd gram donkie maalvleis’” gaan Hesmé se stem stadig en rustig voort, terwyl my hand weier om verder te skryf. Ek besluit om maar net te luister. “Een-honderd gram gemaalde bokvleis; een honderd gram gemaalde varkspek-en-vleis so 50-50 gemeng; een-honderd gram hoender; een-honderd-en-vyftig gram voorafgekookte gemaalde sojabone en laaste maar nie die miste nie, benodig ons glutineus - so dertig gram - om die spulletjie lekker bymekaar te hou.” Ek hoor so vaagweg sy sê die luisteraars moenie bekommerd wees oor allergiese reaksies wat die soja en glutineus dalk mag tot gevolg hê nie. Sy sê die kortstondige verdrukking wat ‘n mens as gevolg daarvan mag ervaar kan nie opweeg teen die absolute verrukking wat die ‘Ongelooflike Frikkadel’ op die smaaksin uitoefen nie.

“En so maak mens om die ‘Ongelooflike frikkadel’ van bestandele tot op die tong te neem….” Verslae sit ek daar. Hesmé se stem sing soos ‘n sonbesie daar hoog in my kop, soos wanneer die Karoo-son op sy hoogste sit. Dan maak Hesmé klaar en Janneman neem oor. Hy sal nou die luisteraars se inbel-vrae direk beantwoord. Maar vandag is daar net één vraag op almal se lippe: Die biefstuk maalvleis is maklik, maar waar op dees aarde sal hulle die ander bestandele vandaan kry? Janneman sê die luisteraars moet net so ‘n bietjie geduldig wees, Hesmé sal nou-nou daardie antwoord gee.

En dan kom Hesmé se stem terug op die lug: “Die luisteraars wéét mos dat ons nog nooit ‘n resep uitgesaai het, waarvan die bestandele moeilik was om on die hande te kry nie. Hierdie een s’n is nog die maklikste van almal. Al wat julle hoef te doen is: gaan na jou naaste supermark en koop van hul voorafverpakte bees-maalvleis. Julle hoef absoluut niks verder te doen nie. Hierdie bestandele is alreeds presies vermeng soos ons ‘Ongelooflike Frikkadel’ dit vereis. O nou ja, dit staan nie so op die etiket aangedui nie, maar moenie kommer daaroor nie. Die wetenskaplikes wat die vleise toets sê hulle sal hul kop op ‘n blok sit dat julle vir julself nooit ‘n kat in die maalvl… ag ek bedoel sak sal koop nie. Biefstuk-maalvleis in Suid-Afrika is gewaarborg om hierdie produkte te bevat.” 

“En volgende week het ons vir julle wéér so ‘n lekker maalvleis reseppie, maar dan is dit een wat ‘n mengsel van perdevleis bevat. Ook weer nie ‘n probleem om dit in die hande te kry nie. Jy gaan net na jou supermark wat biefstuk maalvleis van Europa af invoer en siedaar….! Nou ja, tot volgende keer dan van my, Hesmé…. en van my, Janneman” kom die diep mansstem by, “Tot ons weer: So maak mens!”

Verwese sit ek daar. Die frikkadelle en die geblikte hamme en die polonies en die Weense worsies en die vragte ander verwerkte vleisprodukte waarvoor ek so innig lief is, paradeer almal voor my geestesoog verby en steek die een na die ander vir my tong uit. Ek kry so ‘n hol kol op my maag, maar dan ruk ek myself reg en mymer die ou troos-spreekwoordjie vir myself: Ag wat, wat nie dood maak nie, maak vet!

GESELS SAAM: Hoe voel jy oor die hele vleisskandaal? Laai jou mening hier.

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
DelusionBuster
Die krag van gebed: Wat is die fe...

Meeste gelowiges glo dat God gebede verhoor, maar op een van drie maniere. Dié leser meen gebed werk net in sekere gevalle... Lees meer...

24 menings 426 keer gelees
Gelaai deur
ChristovdM
Waaroor die histerie?

Waarom is daar mense wat vordering op wetenskaplike gebied as ‘n aanslag op die Christendom sien?  Lees meer...

29 menings 310 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Waar is julle trots?

Halfkaal foto's, danse en bier. Hoe ver sal studente gaan om die beste te wees en weet ouers wat hul kinders doen? ’n Leser deel sy mening. Lees meer...

25 menings 1010 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Die Springbokke speel vir almal

Daar is verskeie tipes rugbyondersteuners, maar die Springbokke speel vir almal, skryf 'n Nuus24-leser. Lees meer...

2 menings 140 keer gelees
Gelaai deur
ChrisAkkedis
Is jy ‘n internet trol?

‘n Internet trol ‘n wrede en kwaadwillige gebruiker wat 'n aanlyn-gemeenskap besmet met haat en verdeeldheid, skryf ’n leser. Lees meer...

65 menings 821 keer gelees
Gelaai deur
pieterpompies
Ons is ’n kwesbare spesie

Ten spyte van ons eie subjektiewe opinie oor ons self, is ons maar uiters gemiddeld wat vermoëns betref...  Lees meer...

16 menings 255 keer gelees

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.