Insake: Skole se swangerskap-beleide draai in hof
Dis hartseer om te dink dat waardes so gedaal het dat die partye buite die huishouding nou moet toutrek oor wat ouers hul kinders behoort te leer!
Wat het geword van eers leer, dan werk en dan trou en met 'n gesin begin wanneer albei partye gevestigdes in die arbeidsmark is? Gaan dit nou maar hier net oor die staatstoelaag aan kinders of is daar werklik liefde en samehorigheid in die gevalle?
Ek neig om met eersgenoemde te stem.
Almal, selfs die staat neig om te preek dat die jeug die leiers van môre is, maar met sulke waarde- en sedelose toekomstige leiers sien ek nie juis 'n mooi toekoms vir die land en die wat na my gaan kom nie...
Hoef ek meer te sê en sal dit 'n verskil maak? Ouers moet eerder hul kinders waardes, goddelikheid en respek vir die self en ander leer. Miskien dan sal daar in die toekoms nie so op toelaes gesteun word nie.
En terwyl respek afgedwing word, leer ook die dogters om hul bene toe te hou en die seuns om verantwoordelik op te tree en te aanvaar, sou dit gebeur...
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.