Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
jaydee
 
Menings: 3
Artikels gelees: 216
 
 
Jongste kentekens:


 
Sien al jaydee se kentekens.
 

Waarheen ná Mangaung?

19 December 2012, 07:30

Die jaar 2012 gaan vir baie mense, indien nie die meerderheid Suid-Afrikaners nie, afsluit as 'n groot teleurstelling.

Die getwis en gekibbel wat nou by Mangaung aan die gang is en Zuma wat weer as leier verkies is, laat dinge nie te rooskleurig lyk vir 'n beter 2013 nie!

Boonop lyk dit asof die "nar" Malema ook weer planne het om weer te begin om dinge deurmekaar te krap met sy toesprake en aanhitsings, want hy is skynbaar nou weer besig om witvoetjie te soek om weer aangestel te word in sy vorige posisie.

Gaan hy toegelaat word om terug te kom; en as dit toegelaat word, onder watter voorwaardes? Een daarvan sal seker wees om sy mond te snoer op sekere punte en sekere individue.

Trevor Manuel besef nou eers onder watter gemors hy tans diens doen en om nou te wil tou opgooi, is soos Pontius Pilatus wat sy hande in onskuld wil was; want hy is by assossiasie seker aandadig/ verantwoordelik vir die wandade wat deur sy mede-amptenare gepleeg het.

Wat Kgalema Motlanthe se planne is, is seker net hy van bewus, want op die huidige oomblik weet g'n mens wat sy modus operandi is nie: een oomblik is hy in opposisie teen Zuma en die volgende is hy nie meer verkiesbaar nie; soos 'n kind wat nie weet wat hy wil hê nie en skoon rigtingloos!

Hoe kan 'n mens vertroue het in 'n persoon wat self nie weet waarheen hy gaan of wat hy wil bereik nie? Emeritus-aartsbiskop dr. Desmond Tutu wil bid vir die regering soos hy gebid het vir die apartheidsregering van destyds...?

Sy gebede moet liefs gemik word op die menigtes wat die huidige regering ingestem het; bid dat hulle oë geopen word sodat hulle kan sien wat en wie hulle met hul stemme aan bewind geplaas het! Zuma is horende-doof en siende-blind en verkies om soos die spreekwoordelike volstruis, kop in die sand te steek en homself wys te maak dat alles in Suid-Afrika vlot verloop.

Vir hom en sy kaders is dit vanaf 2012 na 2013 'n gladde verloop van Mangaung na Nkandla!

Vir ander gewone Suid-Afrikaners sal 2013 net weer 'n jaar wees van probeer/poog om die gemors wat deur regeringsamptenary veroorsaak was/ is, reg te maak of om te probeer om daarmee saam te leef.

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Simon Riekert
‘Pierre Spies ‘n regte ysterman’

Dié Nuus24-gebruiker meen Pierre Spies ‘n regte ysterman. Op die veld doen hy sy werk en van die veld af is sy werk sy lewe... Lees meer...

0 menings 338 keer gelees
Gelaai deur
Alicia
‘Ek was amper bokveld toe…’

Haar motor het tot ‘n rukkende stilstand gekom. Toe belsuit sy om die treinspoor te volg en hulp te soek... Lees meer...

0 menings 1011 keer gelees
Gelaai deur
Tanya Jordaan
Moet nie ander afjak

Elke dag is ’n stryd om liggaam en siel bymekaar te hou. So moenie mense afjak, jy weet nie watse paadjie daai persoon moes loop nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

0 menings 593 keer gelees
Gelaai deur
Sergio Bowkers
‘Wees meer verantwoordelik’

Die lewensgehalte word verhoog en geldsake hou nie by met die vinnig groeiende verhoogde lewensstandaarde, skryf ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

0 menings 195 keer gelees
Gelaai deur
KatrinaO
My keuse

’n Leser wonder hoekom ateïste so maklik en vinnig Christene aanval, verkleineer of verkeerd probeer bewys. Wat het geword van wedersydse respek? Lees meer...

0 menings 925 keer gelees
Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor name, vanne, diere en dorpe

Daar skuil báie agter ’n naam. Veral as jy ’n Afrikaner in Engeland is, skryf ’n Nuus24-gebruiker Lees meer...

0 menings 866 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.