Vandag (25 November) was die eerste keer in ongeveer 15 jaar wat ek 'n erediens bygewoon het in 'n kerk.
Ek was wel by 'n paar begrafnisse, troues gee my die ritteltits, so ek bly weg daar. Bygesê, ek het nie eintlik vriende wat sulke dinge doen nie. Meer nog, het ek nie eintlik baie vriende nie.
Ek het met groot verwagting daarheen gegaan, met 'n geweldige behoefte aan die geestelike.
Die mense het gesing, hul hande geklap. "Praise the Lord" en "halleluja" het opgeklink tussendeur. Broeders en susters het mekaar die hand gegee... Dit het net liefdevol voorgekom.
Groot was my teleurstelling toe die prekery begin. Die vrou naaste aan my linkerkant het met haar draagbare telefoontjie bedrywig geraak, net vingers wat beweeg.
Verder af in die ry het 'n broeder glad sy tablet oopgemaak.
My vraag: Waar gaan ons heen?
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.