Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Hannes du Preez
 
Menings: 7
Artikels gelees: 869
 
 
Jongste kentekens:


 
Sien al Hannes du Preez se kentekens.
 

Vyftien voordele van die apokalips

13 December 2012, 08:11

Jong, weer Hannes hierso. Toe ek die besluit geneem het om my stories met julle te deel, het ek nie gedink dat apokalips so naby was nie.

Ek het nog baie stories om vir julle te vertel; ongelukkig lyk dit vir my asof hierdie een, die laaste een sal wees – weens die gevreesde 21 Desember 2012.

Ek het gewonder oor hoe om vir julle totsiens te sê, natuurlik na ontelbare krokodiltrane, toe sien ek die lig – soos die mense wat gisteraand in Kaapstad glo ‘n vreemde lig van ‘n vreemde voorwerp gewaar het. So ’n lig het my die lig laat sien…

Almal soek skuilplek as gevolg van die apokalips op die horison, wel, ek sien baie voordele daarin. Hier volg vyftien voordele vir my, van die einde van die wêreld.

1. Ek hoef nie meer my huis te betaal nie. Dis hartseer want ons het sopas ingetrek. Ag wel, dis maar hoe dinge gaan eindig né?

2. Ek hoef nie meer my kar te betaal nie. Skaars ‘n jaar oud, so die res word hopelik gedek deur my versekering.

3. Indien my versekering die apokalips oorleef, hoef ek nie ooit weer met hulle te deal nie. Vra altyd die onnoselste vrae en die hoogste pryse, maar gee in elk geval niks terug nie.

4. Ek hoef nie myself te bekommer oor my salaris hierdie maand nie. Ek sou in elk geval net kersgeskenke gekoop het en in elk geval nie een van die bogenoemde items betaal het nie. Gelukkig hoef ek nie nou skuldig te voel daaroor nie.

5. Ek hoef nie kersgeskenke te koop nie. Hoekom mense in elk geval geskenke moet koop op Kersfees gaan my verstand te bowe.

6. Ek hoef nooit weer Boney M te hoor nie.

7. Ek hoef nooit “Jingle Bells te” hoor nie.

8. Ek hoef nooit weer “Auld Lang Syne” te hoor nie, en ook nie oor ons land se toekoms te bekommer nie.

9. Ek hoef my nie te kwel oor die stand van die wêreld of oor aardverwarming of die ekonomie nie.

10. Ek hoef nie te kommer oor my stukkende reënmetertjie en die gras wat nog geplant moet word nie.

11. Ek hoef nie bekommerd te wees oor my alarmstelsel wat nie werk nie en geweld in die geheel, pla my nie meer nie.

12. Ek hoef nie te bekommer oor my projekte wat nog nie voltooi is nie.

13. Ek hoef nie die projekte te voltooi nie.

14. Ek hoef nie hierdie artikel te voltooi nie

15. Of moet ek?

Hierdie is maar persoonlike goedjies wat my nie gaan kwel nie, want ons almal gaan kapoet wees op die 21ste. Indien julle hierdie artikel lees, hoef julle nie te veel te worry om kommentaar te lewer nie, want ek gaan dit heel waarskynlik nie lees nie.

Sê my, het julle al die fliek Left Behind gekyk – doen dit.  Julle sal my heel waarskynlik weer hier kry…

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Willem Morris
Iets moet nou gebeur

Behuising en dienslewering is ’n baie groot probleem in Suid-Afrika. Dis tyd dat politici daad by hul woord voeg, skryf ’n leser. Lees meer...

4 menings 80 keer gelees
Gelaai deur
Hannes du Preez
Om te spel of nie...

As dit kom by spelling is hy nie die beste, maar ‘n skool moet tog weet hoe om te spel, skryf ’n leser. Lees meer...

5 menings 281 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Geen einde aan debat oor stadion

Die Stad Kaapstad sukkel so met die stadion, maar met WP Rugby aan die stuur kan die stadion vir minstens 10 maande in die jaar gebruik word.  Lees meer...

2 menings 280 keer gelees
Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

15 menings 447 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

5 menings 825 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

2 menings 836 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R720000 - R800000

Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R300000 - R450000

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.