Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Storieman
 
Menings: 8
Artikels gelees: 368
 
 
Jongste kentekens:

 
Sien al Storieman se kentekens.
 

Vrydag vertroue

12 February 2013, 15:22

Die vroegsomer se sonnetjie brand daardie Sondagoggend amper te warm op my se blaaie terwyl ek ons nuutgeplante Apiesdoringboompies met ‘n groot verfemmer natdra.

‘n Onbekende voertuig wat soekend stadig die plekkie inry trek my aandag. Ek staan so hand-voor-die oog hulle en dophou en dan begin die voertuig stadig in my rigting kom. Ons groet formeel en toe begin die groot gesels. Eers so oor die voertuig se deur en daarna op die stoep met ‘n kommetjie warmte in die hand. Hulle kom ver, baie ver en het gedink hulle wil so bietjie by ons kom oorstaan. “Darem nie te lank nie, want ons moet netnou weer aanstoot dieper in die Kalahari in” het die spraaksaamste van die twee gesê.

En so tussen die gekuier, gesels en gekou aan die sonoond se kos, is daar so ‘n stukkie stilte. My nuuskierigheid steek soos ‘n honger meerkat sy kop uit en vra vir die stiller een wat hy vir ‘n lewe doen as hy nie in die Kalahari kuier nie. “O ek, ek is ‘n pediater in Bloem” sê hy saggies. Die Mooiste Mooi laat haar eetgoed val asof sy ‘n elektriese skok gekry het en my se mond val so tussen die gekou wyd oop. “Dan is jy mos ‘n antwoord op ons gebed ” sê sy met nat oë. Die stilte is skielik swaar en dik – nes ‘n pofadder wat ‘n ertman ingesluk het. “O” sê hy saggies met ‘n groot vraagteken tussen sy se oë “nou hoe so?”

En so begin die Mooiste Mooi vertel van Katrien en die swaar las wat sy altoos in haar se hart en op die heup moet ronddra. Sedert Tisha se geboorte sowat drie jaar gelede was niks nog ooit weer normaal vir Katrien as moeder of selfs vir die kleine Tisha nie. Siekte het sommer so met die knip van die naelstring kom adres maak in haar se tingerige lyfie. Eers is dit ‘n siekte en dan ‘n pes. En dan soms is dit sommer twee of selfs meer siektes wat haar op dieselfde tyd treiter. So bly hierdie kleine dogtertjie kronies siek en niks en niemand kan help nie.  

Wrede gevoelose mensegoed praat en skinder oor die familietjie, maar dis net die dapperstes wat Katrien openlik bespot en uitkoggel. Sy wat alewig haar kind in ‘n kombersie toedraai en oraloor heen ronddra. En so het hierdie wrede afbreekdae aangehou en het dit lateraan weke geword, weke het maande geword en maande op hul beurt jare en steeds word Tisha oral heen gedra. En so verdra Katrien maar die spot van die dorp terwyl die simpatiseerders maar aan die min kant is. Hulle wat tog te dankbaar is dat dit nie hulle las is nie.

Dan vertel die Mooiste Mooi van die soeke en vertwyfeling in Katrien se binneste-binne terwyl Vader se antwoorde en sigbare hulp wegbly soos sagte indrinkreën in die droogte. Juistemint Vrydag wat nou verby is vertel sy, het Katrien met Tisha asook ‘n verwoeste hart by haar kom aflaaiplek en raad soek. Katrien se gemoed was barstens toe vol van los sand want êrens in voorlaaste week het ‘n jong doktertjie juis daar in Upington by die hospitaal gesê dat haar kleine Tisha nooit ooit sal loop nie.

Die stil een sit roerloos en luister aandagtig na die Mooiste Mooi se vertelling. ‘n Blink nattigheid omring sy liefdevolle kykers terwyl hy haar woorde oordink. “Ek het nou wel nie my ‘toolbox’ hier nie” sê hy, “maar dink julle die mamma sal omgee as ek die kleine Tisha ondersoek?” En met dié woorde wat dawerend in onse ore eggo, ry ons met die Genadewa na Katrien se plekkie.

Vroegoggend die volgende dag sien ons Katrien van ver af aankom. En sommer so met die oopmaak van die kombuisdeur na haar harde klop, druk die Mooiste Mooi ‘n beker koffie in haar hand en so gaan sit die twee vriendinne op die agterstoep.

“Mevrou” sê sy terwyl die trane vrymoedig oor haar se wange stroom, “Ek en Mevrou het dan laaste Vrydag begin om Vader te vertrou vir een van daardie spesiale dokters om na Tisha te kyk. En nou, Mevrou, het die Here nie net ‘n dokter nie, maar ‘n spesiale ene na my toe gestuur. “Ja Mevrou” sê sy so tussen die snikke deur “hier op Noenieput het hy haar kom ondersoek en toe het hy vir haar hande opgelê en gebid. Ek vertrou steeds dat onse Tishatjie gesond sal word sodat sy kan loop.”

Dis ‘n maand of wat later en die Mooiste Mooi ry met die Genadewa na Katrien se vaalbruin huisie wat regoor die polisiestasie staan. Dié se glimlag is die dag breër as gewoonlik toe sy naderstap nadat daar gestop is. Die twee vrouens groet vriendelik en raak aan die gesels. Amper half steurend draai Katrien kort-kort haar se blinkswart oë in die rigting van die huisie se voordeur terwyl die twee vrouens in die vroegoggend sonnetjie staan en gesels.  

Stadig gaan die voordeur met ‘n gekraak oop en beide van hulle kyk om. Versigtig loop die oudste sussie van sowat ses jaar stadig agteruit terwyl Tisha haar volg met klein vuisies wat haar pinkies styf vashou. Treetjie vir treetjie waggel sy stadigaan vorentoe terwyl sy saggies giggel. Met haar se ogies wat soos diamante skitter en blink asook ‘n wye oopmondlaggie getuig hierdie kleine Kalahari-dogterjie teenoor ondankbare genadelose skepsels dat vertroue in Hom alles moontlik maak ... want Tisha loop!!!

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

8 menings 167 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

4 menings 599 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 773 keer gelees
Gelaai deur
Tanya Jordaan
Laat geregtigheid geskied

Geen onskuldige man moet boet vir ’n daad van ander nie, maar so ook moet geen moordenaar en verkragter los kom deur swak ondersoek nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

1 menings 188 keer gelees
Gelaai deur
Johan Jacobs
‘Bring die lat terug’

’n Pakslae in skool is soos die dood straf. Toe dit weg val toe is die kinders baas met hul eie regte, meen ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

18 menings 418 keer gelees
Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor die tekens van die tyd

Daar kom ‘n tyd in elke mens se lewe dat hy moet erken dat die tekens van die tyd deeglik sigbaar is... Lees meer...

9 menings 1079 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Financial Controller

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.