Ons het in Suid-Afrika ongeveer 50 miljoen mense.
As die dodetal gedurende Desember as % uitgedruk word van die totale bevolking is dit gelyk aan .0029 %.
As die voetgangers afgetrek word van die 1450, wat dan gelyk is aan 870 in motor ongelukke is die % .00174 % - dus 28.06 mense per dag.
Dit sal interessant wees om te weet hoeveel mense sterf per dag op natuurlike wyse! Of nog erger per dag (pad ongelukke) gedurende die jaar, buite seisoen tye!
Kom ons kyk wat kan ons doen om die syfers te verminder! As jong laerskool kind was daar in elke dorp/stad 'n "mini dorpie" met strate en padtekens opgerig. Die graad 1 (sub A) is een keer per week na die dorpie geneem vir opleiding deur verkeersbeamptes. Verskillende kinder vervoermiddels is aan gewend.
Dus is baie vroeg in die kind se lewe padverkeer reels vasgelê. Voetganger opleiding was dus ook deel van die program!!
Kom ons gaan kyk na praktiese kennis van verwerwing van 'n motor lisensie!!! Die kleinste motor word gebruik, @ 45 km per uur, driepunt draai, teen 'n opdraende wegtrek, kyke na links en regs ens, alles teen 'n baie stadige spoed en slegs in die stad op dorp! Nêrens is daar opleiding om 'n motor te hanteer in nood!!! bv vinnig stop, die skatting van afstand ens.
Dus gebrekkige opleiding en vereistes geld vir elke motor bestuurder!
Hoe veel dorp/stede het nog sypaadjies!!!, so behoort paaie ge-identifiseer word vir fietsryers wat wel 'n sykant het wat afgemerk is!!! Is alle paaie geskik vir swaar voertuie!!! Nee!!
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.