Hoe en wat kan ons as die publiek doen om te appelleer teen die belaglike vonnis?
Mens kan tog sekerlik nie 'n baba so wreed aanrand en vermoor en net 10 jaar kry nie?
Dit stuur mos die verkeerde prentjie aan al die verkragters en moordenaars in ons land?
Sekerlik het baba Wade ook regte? Kan mens jouself indink hoe die arme mensie moes ly en die pyn, vrees en verskriklike dood wat hy moes sterf en dit deur sy sogenaamde Ma en Pa?
Dis mos absoluut ondenkbaar dat die twee dalk na vyf of ses jaar parool kan kry en weer kinders kan verwek?
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.