Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
jaydee
 
Menings: 12
Artikels gelees: 182
 
 
Jongste kentekens:


 
Sien al jaydee se kentekens.
 

Vind oplossings wat sinvol is

03 December 2012, 12:29

Elke keer as 'n mens die kommentaar op artikels lees, lees jy kritiek,en nogal hoofsaaklik afbrekend van aard. Gesien in die lig onder watter omstandighede Suid-Afrikaners vandag leef, is dit dalk nie so snaaks dat hulle/ ons swartgallig en bitter klink of voorkom nie.

Korrupsie in die regering, renosterhoring- en perlemoenstropery, seks- en dwelmslawerny, roof en inbrake, plaasmoorde, verkragtings, padongelukke, as gevolg van onpadwaardigevoertuie, en roekelose bestuurders, staatsdepartemente en munisipaliteite wat nie funksioneer soos dit moet nie, as gevolg van onbevoegde amptenary en ander faktore en les bes, 'n president wat nie 'n flenter omgee vir die landsburgers nie en sy belange eerste stel! 

Glad nie 'n land wat vir sy burgers lyk na die aangewese plek om kinders groot te maak nie. Inteendeel, dit skyn asof die Bybelse Sodom en Gommora, maar "mak plekkies" was in vergelyking met Suid-Afrika van vandag.

My eintlike rede waarom ek die dinge noem, is dat daar vir al die probleme tog oplossing(-s) behoort te wees: onverskillige bestuurders, veral taxi-bestuurders moet onmiddellik afgetrek word, passasiers moet net daar uitklim en die voertuig geskut word en bestuurder/ eienaar kry dit nie weer terug voordat die boete nie betaal is nie. 

Sy passasiers sal hom ook vermy en/ of hel gee, as dit gebeur en hulle moet nou ander maniere soek om by hul verskeie bestemmings te kom.

Verskerp die vereistes om die land binne te kom en maak dit moeiliker om hier te kom vestig of volg die voorbeeld van Australië en Nieu-Seeland deur streng doeane-wette in te stel en toe te pas; dwelmsmouse en oortreders in mensehandel moet behandel word soos oortreders in lande en plekke soos Thailand; Bangkok - 15 jaar tot lewenslange tronkstraf.

Kyk maar wat gebeur met "muile" in die dwelmhandel. Al is jy van 'n ander land afkomstig. Dieselfde vonnisse moet ook geld vir renoster- en perlemoenstropers. Hulle sal maniere probeer vind om met hul onwettighede voort te gaan en daarom moet die owerhede pro-aktief wees: "to catch a thief, one must think like a thief".

Korrupsie kan gestop word deur eerstens "kandidate" vir sekere poste te keur deur "onafhanklike liggame/ kommissies" wat geen baat sal vind by die aanstelling van sodanige "kandidate" nie. Met ander woorde, kyk wat die persoon vermag het en tot waartoe hy/ sy in staat is op sy/ haar gebied van deskundigheid. Gaan 'n kandidaat se geskiedenis na, al moet dit wees om te gaan soek vir "geraamtes in sy/ haar klerekas" soos met die Amerikaanse verkiesingsveldtogte.

Dit sal ten minste 'n voornemende "kandidaat" tweekeer laat dink voor hy/ sy hom/ haar verkiesbaar sal stel vir enige pos en sal meer met omsigtigheid te werke gaan en kan bydra tot 'n meer positiewe benadering tot publieke belange.

Oplossings is in baie gevalle 'n langtermynproses, maar oplossings vir renosterstropery, misdaad, plaasmoord (-e), roekelose bestuurders, ens. behoort korttermynprojekte te wees en dus voor op die prioriteitslys van die regering te wees.

So, kom ons los vir eers die swartgalligheid, laat vir 'n paar oomblikke die afbrekende kritiek eenkant staan (alhoewel 'n mens nie persone in die huidige situasie daarvoor kan verkwalik nie) en dink aan sinvolle en langdurige oplossings en lê dit voor aan die "powers that be".

Tekortkominge sal daar wees, maar tenmiste is die ingesteldheid darem (hopelik) positief! 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Tanya Jordaan
Laat geregtigheid geskied

Geen onskuldige man moet boet vir ’n daad van ander nie, maar so ook moet geen moordenaar en verkragter los kom deur swak ondersoek nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

0 menings 46 keer gelees
Gelaai deur
Johan Jacobs
‘Bring die lat terug’

’n Pakslae in skool is soos die dood straf. Toe dit weg val toe is die kinders baas met hul eie regte, meen ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

6 menings 228 keer gelees
Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor die tekens van die tyd

Daar kom ‘n tyd in elke mens se lewe dat hy moet erken dat die tekens van die tyd deeglik sigbaar is... Lees meer...

9 menings 740 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Stormers se selfgeskepte nagmerri...

Die feit dat Allister Coetzee te versigtig is om harde besluite te neem, kan sy ondergang beteken, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 461 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Natuurrampe ’n groot tragedie

Dié leser is bly dat natuurrampe nie so gereeld hier voorkom nie en hoop dat ’n groot natuurramp SA nooit sal tref nie.  Lees meer...

5 menings 198 keer gelees
Gelaai deur
Mamma-Manewales
Is dit hoekom daar so baie hartse...

Voor jy vir iemand iets sê of iets doen, vra vir jouself af hoe sal jy voel as dit aan jou gedoen word?  Lees meer...

3 menings 805 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

aicon tecnician/installer

East Rand
AERMART AIRCONDITIONING
Market Related

Electrician

Cape Town
DAV Professional Placement Group
Market Related

Supply Chain Consultant

Cape Town CBD
DAV Professional Placement Group
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.