Vanoggend op pad werk toe, terwyl ek na die radio luister, het die omroeper in die laaste paar minute van sy program gesê ons moet probeer om meer liefdevol teenoor mekaar te wees.
Hy het gesê ons moet die vuiste en die wapens neerlê en 'n goeie daad verrig in 'n persoon wie se lewe dit 'n groot verskil sal maak.
Ek stem heelhartig hiermee saam. Ons word daagliks gebombardeer met berigte oor geweld en moord en vergeet van die mooi in die wêreld.
Ek wens elkeen kan net vir een dag iets spesiaal doen vir 'n persoon wat hulle glad nie ken nie, en 'n verskil in daardie persoon se lewe maak.
Soms beteken die kleinste daad van goedheid die wêreld vir 'n persoon wat dit regtig nodig het.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.