Ek verwys na die brief Afrikaanse flieks en musiek stel teleur...
Ek stem met die skrywer van die brief saam.
Elke “sanger/es” is deesdae sommer akteur/aktrise ook. Met geen ondervinding nie. En andersom.
As die een nie werk nie, probeer hulle die ander een. Tereg gesê: daar is een of twee wat albei kan doen, maar nie almal nie.
En ja, te veel Afrikaanse flieks pop nou uit. Kyk vir Kurt Darren. Hy is nou sommer regisseur en vervaardiger ook. Sjoe... 'n Man met "vele" talente, maar meester van niks. Nee wat.
Gebruik akteurs wat daarvoor geswot het. Hoekom moet elke "sanger/es” nou in elke liewe fliek speel. En 7 De Laan se sepie"sterre" ook nou in flieks laat speel?
Daar is soveel baie ware talent. Komaan. Gaan soek hulle. Hou oudisies in elke dorp en kry die regte mense!!!
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.