Nuus24-lesers deel hul mening oor die korrupsiewaghond Corruption Watch wat wil hê die minister van openbare werke moet bedrieërs in sy departement se name bekend maak.
Drienie Van Wyk: “Ek dink dit sal baie goed wees want dan kan ons gewone mense ook meer ingelig wees.”
Stoney Steenbergen: “Dit is ’n uitstekende plan. Hulle moet sommer geswartlys word sodat hulle nooit weer ’n tender kan kry nie.”
Juanita Hendriks Harmse: “Wel moordenaars en verkragters se name word genoem, hoekom nie ook bedrieërs nie? Hoekom moet hul anders behandel word?”
Adriaan Bezuidenhout: “Dit sal nie toegelaat word nie. Wat ’n jammerte sal wees. Indien dit goedgekeur word wil ek graag sien wie betaal wie om nie hulle name op te sit. Een korrupsie op die ander.”
Nana Abrie: “Dit sal nooit toegelaat word nie, want dit sal hulle menseregte aantas. Almal weet mos dat alle kriminele se menseregte, ver bo dit wat reg is, verhewe is.”
Adrie Croucamp: “Kom ons bid iemand het genoeg guts in hom om dit wel te doen, dis tyd dat geregtigheid seëvier...”
Thinus Lotz: “Ja wys ons. Laat die wat vir hulle gestem het en stem, sien wie hul voor stem, dan weet ons ook watse tipe mense voor gestem word in die land en watse soort mense keur dit goed, deur vir hul te stem.”
GESELS SAAM: Wat dink jy? Gaan dit help om korrupsie te bekamp? Laai jou mening hier of e-pos dit na terugvoer@nuus24.com.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.