So kyk ek nou die dag die Sharks en die Stormers-rugbywedstryd.
Jong, was dit nou vir jou iets om te aanskou – nie die wedstryd nie, maar die toeskouers om my.
Dit het ‘n paar vrae in my kop laat ontstaan en ek hoop julle kan my antwoord. Hier volg die vrae :
1. As jy dan weet wat om te doen wanneer, hoekom speel jy nie self professioneel nie?
2. Waar kry jy al die vloekwoorde (waarvan ek nog nooit gehoor het nie)
3. Hoekom kry die skeidsregter altyd die blaam?
4. As jy ‘n beter speler in gedagte het, hoekom is jy nie op die spankeurderspaneel nie?
5. Moet ek die heel tyd jou gesanik aanhoor?
Dis net ‘n paar vragies waaraan ek vinnig aan kon dink. Dit gaan my verstand te bowe dat die beste spelers gewoonlik die wedstryd op TV kyk by die huis. Is hulle dan beseer, geskors, afgetree?
Ek vra maar net…
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.