Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Jangertjie
 
Menings: 53
Artikels gelees: 5676
 
 
Jongste kentekens:


 
Sien al Jangertjie se kentekens.
 

Swanesang vir ’n Stuyvesant

23 January 2013, 12:11

Dit is met groot hartseer dat ek afskeid neem van ’n getroue lewensmaat, boesem vriend en kollega. 

Santjie, ons het mekaar vir vyf jaar en vyf maande geken, en ek sukkel om te aanvaar dat ons tyd saam so skielik moes beeindig word. Ek sal nooit daai 2007 somersaand in Langebaan vergeet, toe ek jou ontmoet het nie. ’n Vriend het jou aan my voorgestel. 

Jy het ’n kort bruin broekie en ’n lang wit hempie aangehad, met ’n helder rooi mussie op jou kop. Ek was jonk, fiks en gesond, met ’n amperse illusie van aantreklikheid. 

’n Tipiese Weskus een-aand-romanse het hom begin afspeel: ek het glad nie in jou belang gestel nie, maar na ’n paar spottende "dares" en heelwat van daai "special" brandy's het ek voor jou sjarme geswig. Dit sou net vir een aand wees, maar min wetend was ons bedoel vir mekaar...

Jou liggie het altyd helder geskyn, ongeag die omstandighede. Jy het my bygestaan in tye van eensaamheid, woede, en stres, maar ook was jy ’n onmisbare metgesel tydens jolige okkasies. Jy het my kalmeer as ek in die oggende per ongeluk ’n Nkandla, e-tol, of Julius-artikel raak geblaai het, en wanneer die telemarketers so aanhoudend gebel het. 

Toe Bryce Lawrence in 2011 so blatant stront aanjaag, het ek en jy buite gaan staan en jy het my herinner dat dit net ’n game is. Jy het my handjie vasgehou as ek so swaar gekry het tydens ’n oggend hardlywigheid, en my getroos wanneer die insomnia aan my deur kom klop het. Jy was my asem...

Dis nou twee lang dae sedert ek van jou afskeid geneem het en ek weet nie hoe ek sonder jou gaan klaarkom nie. Ek sit en klou maar desperaat vas aan die goeie herinneringe... hehe, ek onthou daai een oggend toe jy speels vir my weggekruip het en ek jou nêrens kon kry nie. Ek het bitter angstig geraak, vreeslik gevloek, en amper ’n paar porselein items met my nege yster van die tafel af gebliksem. Ons kon nie sonder mekaar nie. Ek wou jou heeltyd vashou. Wanneer ek gepraat het, het jy aan my lippe gehang... 

Soos met enige verhouding was jy seker nie altyd goed vir my nie. Baie het my gewaarsku en gesê dat jy vol twak is, en my ondergang gaan beteken. Jy was glo "high maintenance" en sou my nog onnodiglik baie geld kos. 

"Goeie goed is duur", was altyd my ligtelike response.

Sommiges wou jou nie eers in hulle huis toelaat nie. Jou hele familie het ongewild begin raak. Blykbaar het jou boetie heel menthol geraak as mens druk op hom plaas. Selfs restaurante het ons begin stief hanteer en summier by ’n aparte glas hokkie ingejaag, om ons weg te hou van die "beter" mense af. 

Net die kommin kroeë het ons nog laat tuis voel. Ek weet nie... ek was seker maar ’n sucker, maar jou tekortkominge was altyd vir my ’n teer sakie en ek het die meeste uitgefilter. 

Wie is dan nou volmaak? Vir my was jou pakkie half vol...

Ek is bang om uit te gaan want daar is te veel goed wat my aan jou herinner... elke sonsondergang; elke braaivleis vuur se vlam; die lang hoektafel by Zizi's waar alles begin het; die manstoilette in die Weskus Mall, waar ek al een keer nie my lus kon tem nie, en jou net daar en dan, saggies en skelmpies opgesteek het. 

Baie sê ek moet aanbeweeg en van jou vergeet, maar hulle verstaan nie. Geen binne- of buitemuurse aktiwiteit sal meer dieselfde wees nie. Niemand sal jou kan vervang. Ek gaan nie die pyp rook nie...

Ek sit nou hier met ’n benoudheid op my bors, ’n pyn in my hart, en ’n sakdoek vol donker snot, maar ek glo dit sal ook weer genees. Jy is nou verstrooide as in die wind, maar ’n stukkie van jou sal ek vir ’n lang tyd ronddra in my hart... en longe. Ons avontuur, ’n nie-fiksie hyg roman, het tot ’n einde gekom...

Tot weersiens

Jou verslaafde

Jantjie

P.S. - Moet asseblief nie by my kom spook nie.....

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
53 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Wouter Willemse
Waar is julle trots?

Halfkaal foto's, danse en bier. Hoe ver sal studente gaan om die beste te wees en weet ouers wat hul kinders doen? ’n Leser deel sy mening. Lees meer...

5 menings 275 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Die Springbokke speel vir almal

Daar is verskeie tipes rugbyondersteuners, maar die Springbokke speel vir almal, skryf 'n Nuus24-leser. Lees meer...

2 menings 117 keer gelees
Gelaai deur
ChrisAkkedis
Is jy ‘n internet trol?

‘n Internet trol ‘n wrede en kwaadwillige gebruiker wat 'n aanlyn-gemeenskap besmet met haat en verdeeldheid, skryf ’n leser. Lees meer...

48 menings 498 keer gelees
Gelaai deur
pieterpompies
Ons is ’n kwesbare spesie

Ten spyte van ons eie subjektiewe opinie oor ons self, is ons maar uiters gemiddeld wat vermoëns betref...  Lees meer...

16 menings 234 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Kommentaar of commin-taar?

Kommentaar is die geleentheid om standpunt te deel en jou insig te toon, nie om ander aan te val nie... Lees meer...

7 menings 227 keer gelees
Gelaai deur
JanGreen
’n Ope brief aan alle ongelowiges

Lees hier ’n Nuus24-gebruiker se ope brief aan alle ongelowiges... Lees meer...

119 menings 2259 keer gelees

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.