Ek haal my hoed af vir Patrice Motsepe, een van Suid-Afrika se rykste mense.
Ek was nooit 'n groot aanhanger van Motsepe nie. Ek het altyd gedink hy's 'n tipiese hartelose sakeman wat vir niks ander behalwe sy geld omgee nie. Maar hy't my die week verkeerd bewys.
Motsepe, wat die stigter van African Rainbow Minerals is, skenk die helfte van sy fortuin aan sy Motsepe-stigting. Presies hoeveel is die helfte? Wel Motsepe was volgens Forbes in November 23 miljard rand werd, so die helfte daarvan is 11.5 miljard rand! Ek sou kon doen met 'n miljoen daarvan!
Selfs die Amerikaanse miljardêr Bill Gates het sy lof teenoor Motsepe uitgespreek.
Komaan, Nicky Oppenheimer en Johann Rupert – Motsepe het die voorbeeld gestel en nou's die tyd om dit te volg!
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.