Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
JJMaritz
 
Menings: 17
Artikels gelees: 1026
 
 
Jongste kentekens:

 
Sien al JJMaritz se kentekens.
 

Sonde met die honde

16 November 2012, 12:15

Ek sweer ek het dit nou gehad met die honde...

Ek gaan hulle nog een kans gee.

Die ding is, ek weet regtig nie meer wat om te doen nie, want dis elke dag iets anders.

En dit maak nie saak as ek goed hoog ophang of wegsteek nie, want Johnson kan al meer as ‘n meter hoog spring. So dalk as iemand weet van mense met ‘n plaas wat twee Jack Russels soek, laat weet my.

Ek wil regtig nie die honde weggee nie, maar ek raak nou moedeloos.

Behalwe ‘n R700 boksak het hulle al die volgende goed ook bygekom...

1. ‘n R450 Rugz-hondemandjie wat die veearts my belowe het sal ten minste een jaar hou (wel, hy het dit net net verby die drie weke merk gemaak)

2. Twee kampstoele. (Nie eers myne nie, maar mense wat by my gebraai het).

3. 20 m tuinslang is in 400 vyf cm stukkies gekou.

4. Hulle kom nie meer in die huis nie, maar ek dink die honde kan teleport soos op Startrek, want daar is nou al drie handoeke, 20 onderbroeke, kombuis vatdoeke, en ‘n remote opgevreet.

5. Twee besems

6. Een rubber hark.

7. Drie sakke charcoal (hulle skeer nie net die sak nie, hulle vreet actually die charcoal) — En vir die wat wonder, ek bêre die charcoal binne in my weber onder sy deksel.

Die hond spring op die weber, balanseer op een of ander onverklaarlike manier homself, stamp die deksel af en trek die sak charcoal uit die weber en vreet dit op.

8. Al die sif draad, mess grid en enige ander ding wat ek opgesit het om hulle uit die tuin te hou. En ja, hulle sluk actually stukke sif draad in. Jy sien dit in hulle mis twee dae later.

9. Klein boompie wat by my agter deur gestaan het. Hulle het actually ‘n hele boom opgevreet!

10. My potplant binne die huis is vernietig. Weereens, dis asof Johnson vinnig in hardloop as die deur oop is en voor jy hom kan vang of slaan, byt hy alles, gryp ‘n speaker draad en spring op al die beddens en banke.

11. ‘n Grasperk — Hulle myn vir steenkool of goud. Die rede hoekom ek dit sê, want hulle soek definitief nie vir krieke nie, want geen normale kriek bly 20 m onder die grond nie. Dis gevaarlik om na donker op my grasperk te loop, want jy mag dalk net in ‘n skag inval.

12. Twee hondebakke. Weereens, as dit nie vir die feit was dat ek stukkies plastiek in hulle mis gesien het wat die selfde kleur as die bakke is nie, sou ek gedog het my bure het die bakke gesteel, want hulle was gone.

13. Johnson het nou die aand al die honde in die omtrek gaan byt. Hy het uitgeglip, en van hek tot hek gehardloop, die hond aan sy neus gegryp en aan hom geruk asof hy ‘n kombers is. Voor ek by hom kom, hardloop hy na die volgende hek. Hy is rats en my 100 m sprint spoed is ook nie te wonderlik nie. Ek moes hom eventually tackle en het my vir twee dae lank styf geval.

14. Die enigste goed wat nog splinter nuut en sonder enige skade is, is die “chewing toys” wat ek vir hulle gekoop het. Ek dink hier is ‘n consumer complaint, want die mense wat die “chew toys” maak het OBVIOUSLY geen idée waarvan Jack Russels hou nie. Dalk kan die honde gedagtes lees, en hulle vreet net die goed wat mens nog soek.

My buurman het juis gister gesê hy is oortuig daarvan dat satan homself dalk in Johnson manifesteer…

Dis waaraan ek nou kan dink, maar onthou, ek het die honde nou maar vir vier maande, en apparently leef Jack Russels nogals lank.

Dis ‘n vonnis, ek sweer!

Ek het gedink ek sal hulle nog een kans gee of dalk twee, maar dit kan nie so aangaan nie.

So, hartseer en als, ek begin regtig dit oorweeg om hulle dalk weg te gee.

Hulle is nog baie jonk, Molly is ses maande en Johnson is nege maande.

Altwee is opreg en Johnson het papiere.


Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Simon Riekert
Die Springbokke speel vir almal

Daar is verskeie tipes rugbyondersteuners, maar die Springbokke speel vir almal, skryf 'n Nuus24-leser. Lees meer...

2 menings 69 keer gelees
Gelaai deur
ChrisAkkedis
Is jy ‘n internet trol?

‘n Internet trol ‘n wrede en kwaadwillige gebruiker wat 'n aanlyn-gemeenskap besmet met haat en verdeeldheid, skryf ’n leser. Lees meer...

42 menings 390 keer gelees
Gelaai deur
pieterpompies
Ons is ’n kwesbare spesie

Ten spyte van ons eie subjektiewe opinie oor ons self, is ons maar uiters gemiddeld wat vermoëns betref...  Lees meer...

16 menings 222 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Kommentaar of commin-taar?

Kommentaar is die geleentheid om standpunt te deel en jou insig te toon, nie om ander aan te val nie... Lees meer...

7 menings 196 keer gelees
Gelaai deur
JanGreen
’n Ope brief aan alle ongelowiges

Lees hier ’n Nuus24-gebruiker se ope brief aan alle ongelowiges... Lees meer...

118 menings 2189 keer gelees
My pa, my hero

Vandat sy haar oë op haar pa kon lê was hy vir haar die mooiste, beste pappa in die hele wêreld en haar rolmodel in die lewe... Lees meer...

2 menings 501 keer gelees

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.