Hierdie ding van hierdie dame wat die 10 liter Coke per dag gedrink het.
Elke dag. En toe uiteindelik dood. Sy was maar 31. En nou sê ‘die lykskouer’, nee, die Coke moes waarskuwings opgehad het.
Ja so baie dinge het deesdae waarskuwings op. Goed wat dit nooit voorheen gehad het nie.
Ek is seker daar gaan ’n dag kom wat mens in kombuise en badkamers gaan instap en dan is daar ’n waarskuwing by die krane – wees gewaarsku! Te veel water drink kan jou doodmaak. Skakel dadelik u dokter indien u onseker is oor u veiligheid.
Maar daar is so baie verkragting en moord en wat als, wat lelik is in hierdie land. Dis jammer mens kan nie waarskuwings op sommige mense ook sit nie.
Ek dink sommige moet waarskuwings op hê.
En die manier hoe sommige mense die Bybel lees laat my wonder of die Bybel nie sommer ook waarskuwings moet ophê nie.
- Hierdie is een van Barend se jongste blogs.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.