Voel dit nie ook partykeer asof jy uitmis as kommentaar oor 'n nuwe nie-fiksie boek of oor sake van belang in die briewekolomme van koerante verskyn nie.
Max du Preez skryf byvoorbeeld in The Mercury dat die toenemende onverdraagsaamheid en ondertoon van geweld in Suid-Afrika aangevuur word deur die houding en uitsprake van ons mees senior politici.
Feitlik elke dag, word ons gekonfronteer met iemand wat in die openbaar verklaar dat hy sal "sterf" vir iemand of iets.
Wat staan in jou pad: Niefiksie boeke is ontsaglik duur in Suid-Afrika, besige mense kom nie altyd by 'n boekwinkel uit nie, die boeke se formaat is te lank vir jou besige skedule en dit is onprakties om 'n boek saam te dra vir ingeval daar iewers in die dag 'n paar minute is om verder aan die boek te lees.
Nou het Tabelberg Kortboeke die oplossing: kort e-boeke, met sakpaspryse, oor aktuele kwessies wat geskryf is deur die voorste meningsvormers.
Max du Preez se kort e-boek ‘A chief is a chief by the grace of his people’ Once we had leaders vergelyk die Suid-Afrikaanse leiers van vandag met die tradisionele leiers van die verlede. Max haal vir dr. Mamphela Ramphele aan wat van mening is dat die knelpunte in Suid-Afrika van die afgelope dekade hoofsaaklik te wyte is aan die feit dat leierskap monumentaal gefaal het.
As meningsvormers gevra word na watter tipe leierskap in Suid-Afrika krities belangrik is, word na staatsmanne soos Franklin D Roosevelt en Winston Churchill of besigheidsleiers soos Steve Jobs verwys.
Max dui suksesvol in hierdie e-boek aan dat daar 'n goudmyn is van navolgenswaardige en partykeer skouspelagtige leiers in Suid-Afrika se pre-koloniale en vroeë koloniale tydperk.
Daar is in die Suid-Afrikaanse geskiedenis mans en vroue wat visie, waagmoed, dapperheid en beginselvastheid getoon het. Wat interessant vir my was dat Max aantoon in die e-boek dat sekere leiers wêreld wye aansien gehad.
Met die sterwe van Hoofman Sekhukhune is soos volg berig deur die London Times op 30 Augustus, 1882: “We hear this morning from Durban of the death of one of the bravest of our former enemies, the Chief Sekhukhune...... The news carries us some years back to the time when the name of Sekhuhune was a name of dread, first to the Dutch and then to the English Colonists of the Transvaal and Natal” (bladsy 8 van die e-boek).
Dit is dus nie nodig dat daar altyd buite Suid-Afrika gesoek moet word vir voorbeelde van visioenêre leiers nie.
Max skryf dat as die leierskapsvaardighede, styl en visie van sekere Suid-Afrikaanse konings, sendelinge, en filosowe van gister ontleed word, vind ons dat vandag se leiers se verskonings van kolonialisme, apartheid, Westerse imperialisme, en neoliberalisme nie werklik water dra nie.
Dié brief is deur 'n leser gelaai. Tafelberg Uitgewers is 'n afdeling van Media24. 24.com en Media24 is maatskappye in die Naspers-stal.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.