Die skole is klaar baba-fabrieke!
Ek doen projekte oor tienerswangerskappe by skole, maar "let's face facts" – nie eers kondome gaan iets aan die saak doen nie. Kinders dink nie aan kondome aansit nie, al het hulle dit in hulle sak.
Die regering moet sê – van nou af gee ons net grants vir mense wat ouer as 21 is wanneer hulle swanger raak, en ook net vir twee kinders. Jy sal vinnig sien watter verskil dit sal maak!
Kinders gaan seks hê, of daar kondome is of nie.
Kyk na die tienerswangerskap persentasie en die hoeveelheid aborsies wat in 'n jaar gedoen word. Hulle is klaar seks georiënteerd, so dis hoekom kondome nie 'n verskil gaan maak nie.
Waarvoor geld mors op dit as hulle in elk geval dit nie gaan gebruik nie.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.