Dit gaan maar swaar met ons Sasolburgers, die dorp en al die kafees en vulstasies is toe, ons kan nie kos gaan koop of prepaid krag nie.
Ons kan ook nie uit die dorp ry nie, dan word jy met petrolbomme gegooi, dis erg hier, regtig waar!
Die mense word gewaarsku om in hulle huise te bly, en as mens ’n winkel gaan soek om net gou ’n brood en melk te gaan koop word mens uitgejaag deur die polisie.
Hulle het ons nou weer laat weet om terug te gaan huis toe en om als toe te sluit, hulle is glo weer op pad vanaf Zamdela-township af na die dorp se kant toe!
As hulle dan so ongelukkig is oor die munisipaliteit, hoekom kom hulle dan na die dorp toe en breek en verwoes hulle dan al die ander winkels en steel als?
Die dorp staan nou stil en ons ander word erg geraak daaraan, skole is toe, besighede verloor baie geld, en dinge word nie beter nie, dis soos ’n warrelwind wat net erger word!
DEEL JOU MENING: Woon jy in Sasolburg? Word jy deur die betogings geraak? Vertel ons hier en laai jou foto's hier.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.