Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
jaydee
 
Menings: 6
Artikels gelees: 574
 
 
Jongste kentekens:


 
Sien al jaydee se kentekens.
 

Respek teenoor ander; respekteer jouself

02 November 2012, 08:08

Jy verwonder jou aan die jeug en skoolkinders van vandag. Respek is skynbaar iets waarvan hulle nog nooit gehoor of gesien het nie.

Vroegoggend voor die skool begin, sien jy leerders in skooluniform met 'n sigaret wat langer as hy/ sy self is, staan en rook voor volwassenes; heeltemal traak-my-nie-agtig! Nou vra jy jouself af: "Word hy/ sy dit toegelaat om voor sy/ haar ouers te rook?' Sekerlik nie?

Het die ouers miskien nagelaat om aan daardie kind die lewensles van respek teenoor jou meerdere of volwassenes te alle tye te betoon, te leer? Waar is daardie leerder se trots om aan die skool verbonde te wees, wie se uniform hy met soveel minagting dra? Daardie "engeltjie" by die huis verander blykbaar in 'n "monster", sodra hy/ sy by die deur uitstap.

Klim op enige publieke vervoermiddel (bus/ trein); die eerste ding wat 'n mens oplet is die skoolkinders wat die bus/ trein oorneem asof dit hulle s'n is: selfone bler musiek wat jou tot raserny kan dryf, tesame met hul "geselsies" wat oorverdowend is, want blykbaar moet almal hoor hoe Janet vir Susan ingevlieg het oor een of ander kêrel; wie was gisteraand by wie; wanneer die volgende jol gaan wees, ens.

Die arme pendelaars wat nog deur die slaap is of wat nog hoop om die gedagtes en werksprogram vir die dag in die kop probeer agter mekaar te kry, bestaan vir hulle nie. Opstaan en plek aanbied vir tannie, oom, meneer of dame was nog nooit aan hulle verduidelik nie. 

"Antie" of "oom"of somtyds "mister" kan maar staan, hulle het mos betaal vir hul sitplek, waar hulle gewoonlik nie sit nie, maar rondhop en -spring tussen al die krete en geskree deur.

Kleredrag of die manier hoe dit gedra word, moet op 'n spesiale wyse gedra word, anders is dit nie IN nie: broeke wat onder die sitvlak hang en "boxer" wat bo-oor loer, net om te wys "ek is ook hier"! Wolmusse en hoede tot op die neus getrek, al wat sigbaar is, is die punt van die neus, mond (somtyds) en ken!

Of die "hoodies" wat alewig opgeslaan moet word, al is dit hoe warm die dag. Net omdat dit in Amerika so gedra of doen word. Die gepaardgaande lyftaal, houdings en maniertjies is om van naar te raak: "pure skollie of "gangster"!

Kerktoe-gaan is ook 'n ander saak: te moeg om Sondae op te staan vir kerk, maar as Donderdag verby is, is hulle soos renperde wat te lank op stal was.

Ure voor die spieël en een outfit na die ander aanpas, net om na 'n braai te gaan. As Sondag dan so gelukkig is en hulle gaan kerk toe, word die naaste broek (gewoonlik 'n jeans) en hemp of T-hemp, as daar nie gekeer word nie, gegryp en aangetrek.

En die woorde word jou nog toegevoeg as "herkouseltjie": "hulle sê, KOM SOOS JY IS!" Probeer verduidelik dat jy respek teenoor andere/ oueres moet betoon en dit moet begin met respek vir jouself, word jy baie gou geantwoord: "Ander moet hulle besighou met hul eie goed/ besigheid."

Gaan hulle vir die een of ander onderhoud, is dit met die houding: "kry ek dit is dit OK; kry ek dit nie, maak dit ook nie saak nie."

Ouers is vandag so oorlaai in die tegnologiese ontwikkelende wêreld, dit skyn asof eenvoudige lesse soos respek teenoor ander en respek vir jouself, oorgelaat word aan ander of die kind moet dit maar self aanleer.

Kleutertjies weet vandag nie hoe om iemand te groet nie; hoe gaan hy dit leer as mammie/ pappie nie vir hom dit leer nie; miskien is dit meneer/ juffrou se werk om basiese maniere by die kind in te skerp.

Die gesegde wat sê: "A little respect goes a long way”, bly ook maar nou net 'n gesegde totdat ons begin om "to teach and show them how to respect others and oneself"

Dit moet by die huis begin en nie verwag word dat hulle dit self moet aanleer of aan ander oorlaat om dit vir hulle te leer nie. 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Simon Riekert
Die Springbokke speel vir almal

Daar is verskeie tipes rugbyondersteuners, maar die Springbokke speel vir almal, skryf 'n Nuus24-leser. Lees meer...

2 menings 67 keer gelees
Gelaai deur
ChrisAkkedis
Is jy ‘n internet trol?

‘n Internet trol ‘n wrede en kwaadwillige gebruiker wat 'n aanlyn-gemeenskap besmet met haat en verdeeldheid, skryf ’n leser. Lees meer...

42 menings 387 keer gelees
Gelaai deur
pieterpompies
Ons is ’n kwesbare spesie

Ten spyte van ons eie subjektiewe opinie oor ons self, is ons maar uiters gemiddeld wat vermoëns betref...  Lees meer...

16 menings 221 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Kommentaar of commin-taar?

Kommentaar is die geleentheid om standpunt te deel en jou insig te toon, nie om ander aan te val nie... Lees meer...

7 menings 194 keer gelees
Gelaai deur
JanGreen
’n Ope brief aan alle ongelowiges

Lees hier ’n Nuus24-gebruiker se ope brief aan alle ongelowiges... Lees meer...

118 menings 2189 keer gelees
My pa, my hero

Vandat sy haar oë op haar pa kon lê was hy vir haar die mooiste, beste pappa in die hele wêreld en haar rolmodel in die lewe... Lees meer...

2 menings 498 keer gelees

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.