Insake: Lyfstraf in skole
Volgens my mening sal dit die beste ding ooit wees as hulle lyfstraf in die skole terugbring.
Vandat dit afgeskaf is, het ons kinders geen respek vir ouers of onderwysers nie.
'n Goeie pakslae op die regte tyd het nog nooit iemand doodgemaak nie en kinders het maniere gehad. Deesdae het hulle mos regte en misbruik daardie regte.
Kinders het nie regte nie net voorregte. Looi hulle en al die probleme sal stop.
Die merietestelsel werk eenvoudig net nie. Kinders en party ouers lag daaroor.
Dit leer hulle ook nie maniere nie.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.