Nuus24-leser het lesers op hul Facebook-blad gevra wat hulle dink van 'n grondwetkenner wat 'n beroep op die regering gedoen het om 'n referendum te hou oor die e-tolprojek...
Ansie Fourie: “Die ANC weet wat die uitslag gaan wees en daarom sal hulle nie 'n referendum toe laat nie.”
Adrie Croucamp: “Gaan dit ’n verskil maak as ons as mens iets sê?...”
Myra Muller: “Dit kan ’n oplossing wees”
Kevin Fourie: “Hulle sal nie want hul weet die mense gaan teen dit stem.”
Marinda Baragwanath: “Waarom nou eers? Hoekom nie referendum voor hulle dit ingestel het nie?”
Bennie Geustyn: “Die ANC oordonder andere se denke; hulle sal dit nooit toelaat nie.”
Eugene Maartens: “Sal nooit deur die regering gedoen word nie... Die geld is klaar spandeer en iemand moet betaal as gevolg van die feit dat besluite weereens nie behoorlik deurdink is nie...”
Zondra Hoffmann: “You must be joking!!! Hierdie regering sal nooit enige referendum hou oor enige iets nie. Hulle regeer met 'n ysterhand, soos die kommuniste hulle geleer het. Hulle het mos nou die mag in pag, so waarom sal hulle ander se opinie vra?”
Tanya Jordaan: “Hulle sal dit NEVER eers oorweeg nie, want dan sit die besluit nie by die wat voordeel daaruit trek nie, maar by die wat moet betaal vir die strooi wat hulle aanjaag.”
Andre Mare: “Dit sal werk as dit ooit sal gebeur...”
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.