As ek sommige kommentare hier op Nuus24 lees, sak ek my kop in skaamte oor die blatante rassistiese uitsprake wat deur my mede-Afrikaners uitgespreek word.
Dit is duidelik dat ons almal meer ingelig moet word oor ras:
- Het jy geweet dat wetenskaplikes geneties nie verskillende rasse kan identifiseer nie? Ras bestaan nie.
- Het jy geweet dat die stigter van die Afrikanervolk en grootste Afrikaner wat ooit geleef het, Andries Pretorius, eintlik 'n "kleurling" was. (Hy het "swart" bloed in beide sy vader en moeder se lyne gehad.)
- Het jy geweet dat ons almal eens swart was. Die eerste Europeërs was swart en hulle het verander om by die fisiese omstandighede wat in Europa geheers het (daar was 'n mini-ystydperk) aan te pas.
- Besef u die fundamentele immoraliteit van rassisme? Wie het sy velkleur gekies of op meriete verdien?
Rassisme is 'n euwel en moet uitgewis word en die enigste manier om dit te vermag is deur opvoeding.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.