Insake: Die Proteas se wedstryd teen die Kiwi's in Kimberley
Indien ons nommer een in die wêreld wil wees moet ons enige span, op enige veld, in die wêreld kan klop.
Hoe dit ookal sy, pas die baanblaaie van Paarl en Kimberley die Kiwi's en voorspel ek nog ’n moeilike wedstryd vir môre (Dinsdag).
Ons het mos keuse waar daar gespeel moet word en weet hulle is baie meer kompeterend op stadige blaaie.
Dit gaan deesdae oor meer as net ontwikkeling en wedstryde vir kleiner unies.
Ons moet momentum behou.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.