Beeld berig in eergister se koerant van die jong Mark Reynolds (15) wie sy pa teen agt dronk aanvallers beskerm het deur hulle goed te m…(moker), nadat hulle deur die groep aangeval is op hul kleinhoewe naby Bloemfontein.
Kyknet se eNuus het ook oor die gebeure berig en bygevoeg dat die Reynoldse die plaaslike polisie geskakel het met ‘n oproep vir hulp.
Die polisie het blykbaar nie opgedaag nie en tot dusver het niemand namens die polisie op hierdie bewering gereageer nie.
Hierdie soort berig kan maklik stil-stil wegraak nadat die jong man se heldedaad beskryf en bewonder is, maar dit is nodig om vir eers bietjie meer aandag aan die voorval en die verloop daarvan te gee.
Soos ek hierbo gesê het, het niemand van die polisie dit goedgedink om die media te nader om hulle kant van die saak te stel nie.
Dit terwyl dit as ‘n feit gestel word dat hulle na bewering nie gereageer het op ‘n noodoproep nie. ‘n Verreikende bewering.
Eergisteraand se eNuus-berig het verder gemeld dat Reynolds, volgens die polisie nie ‘n klag van aanranding ingedien het nie.
Weereens word geen woord deur die polisie gerep oor die feit dat daar beweer word hulle het die oproep om hulp geignoreer.
In teendeel, so berig eNuus, die polisie het gemaan dat Reynolds en sy seun vir aanranding vervolg mag word!
Geen wonder dat die algemene publiek dink die polisie suck nie.
Met sulke “vriende” het jy waaragtig geen vyande nodig nie…
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.