Dit blyk nou dat werksure van plaaswerkers aangepas is van 45 uur per week na 49.5 per week.
Van daar die R105 gedeel deur R 11.66 per dag.
Kyk ons na die weeklikse loon op die selde beginsel verander die lone tarief na R11.15, terwyk die jaarlikse lone uitwerk op R10.61 per uur. Dus is daar 4.5 uur per week oortyd wat teen 1.5 maal normale salaris bereken word, verloor.
Sonder die detail berekeninge te weergee sou die ou lone (wat terloops 1 Maart 2013 aangepas sou gewees het met inflasie +/- 6% plus 1.5% dus 7.5 %) uitwerk op R1 948.06 teenoor die die nuwe lone van R2 274.82, wat gelyk is aan 17% verhoging.
Wanneer die staking van drie weke in berekening gebring word, dan sal die verhoging 10.88 % wees.
Dis 'n verhoging van 3.38 %!!! Was dit die moeite werd? 'n Duisend maal nee!
Die verhouding tussen werkgewer en werker is baie skade aan gedoen. Boere het geweldige verliese gelei, maar ook werker as gevolg van die staking. (Terloops vakbondleiers verloor nie inkomste tydens die stakings nie).
Dit gaan tot werkverlies lei, verseker.
Kom ek gee 'n voorbeeld. As 400 mense hulle werk verloor dan kring dit uit na 54,000 wat daaronder lei. En dis konserwatief bereken. Verseker sal die boer oorskakel na konsepte van minder arbeid.
Het die vakbonde nie besluit dis tyd om lede te werf nie, dus staak ons eers ten koste van baie werkers wat gaan inkomste verloor!
Net 'n vraag? Betaal vakbondlede 'n % van hulle lone aan die vakbond? As daar 'n verhoging kom dan baat die vakbond mos ook. Dis 'n baie goeie rede om dus stakings te bewerkstellig.
Dit het tyd geword dat almal besef ons werk met mense wat vir ons veronderstel is om waarde tot ons bates by te voeg. Kom ons begin in die werksplek/ plaas, kry jou ouditeur in met jou werksmense se verteenwoordigers, bespreek die pad vorentoe vir die jaar, gee visie.
Besluit wat die individuele plaas kan bekostig. Raak ontslae van vakbonde in Suid-Afrika. Die ANDERKANT!
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.