Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
 
Menings: 4
Artikels gelees: 223
 
 
Jongste kentekens:
 
 

‘Persepsies kan praat’

10 December 2012, 15:31

Dit is inderdaad so dat die heel eerste Christene as ‘ateïste’ of ‘ongelowiges’ beskou was deur diegene wat vir hulself die mag toegeëien het om sulke uitsprake oor andere te maak.

Dit was natuurlik omdat daardie eerste Christene nie die gode van die Romeinse ryk wou aanvaar nie.

In my ervaring gebeur dieselfde ding vandag nog. Die oomblik wanneer mense agterkom jy dink en voel nie presies soos hulle nie, dan word jy dikwels as ‘ongelowig’ beskou.

Dit het my tot die gevolgtrekking laat kom dat, wat mense se persepsie van jou is, beteken uiteindelik veel meer as wat jy van jouself dink. Dit maak uiteindelik nie saak of jy jouself as ’n gelowige of ’n Christen beskou nie. Dit tel niks. Wat tel is wat die mense in jou gemeenskap oor jou besluit. Met ander woorde persepsie. Persepsies kan praat. As jy persepsies kan manipuleer, dan kan jy baie vermag. Niemand besef dit beter as die kerke self nie.

Die laaste keer toe ek by die gemeentetjie hier in die pad af was, toe wys die dominee vir ons ’n video van ‘Abraham en Isak’. En ons moes speel dit is waarlik ‘Abraham en Isak’ op daardie video. Uit die aard van die saak, in die era waarin ons leef, het dominee die kudde aan sy lippe laat hang. Want mense word maklik meegesleur deur beelde. Miskien is dit hoekom die Bybel eintlik afbeeldings verbied (Eksodus 20:4).

Oei ek onthou hierdie ander keer. Ek was so opgewonde. Ons besoek een van die GROOT predikers van ons dorp. En ons sit die dag daar en hy beginne met sy standaard rympie van ‘Die Bybel is ’n goeie boek. Die Bybel is ’n volmaakte boek’ (nou nie presies presies dieselfde rympie wat ons as NG mensies opsê as ons van die Bybel praat nie, maar ons is daar en vra nie vrae). En daar trek dominee weg en hy sê ouens, as jy hier opgaan, op, op, op tot ver anderkant die uitspansel, daar waar die sterre ophou, dan kry jy daar die hemel wat die Bybel van praat...

En my moed sink in my skoene. Want my liewe pa sit langs my en ek weet, pa is ’n man met ’n passie vir die astronomie. Hy weet baie dinge van die uitspansel af. Elke week skakel hy in op sterre en planete. Al van die tyd van Louis Barendse af. En nou nog. Hy lees boeke oor sterrekunde. Dit is ’n liefde by hom.

Sê dominee julle gaan nes Jesus ook boontoe eendag. Op, op, op in die hemele in. Al die pad na die pearly gates.

Ag nou ja, pavanBarend is ’n baie meer ordentlike mens as Barend self. Hy sou nooit in sy lewe uit sy eie gekla het nie. Maar ek het vermoed hy was nie besonder beïndruk nie en ek was reg. Want ek het hom gevra.

Ek weet nie veel van die sterrekunde af nie. Ek is nie ’n natuurkundige soos pavanBarend nie. Maar wat ek wel weet is daar is nie ’n ‘op’ en ‘af’ in die ruimte nie. ‘Op’ en ‘af’ is persepsies wat ons het omdat ons op aarde staan.

In my lewe het ek al ten minste twee keer van my mede gelowiges gekry wat vir my wou ontmoedig om boeke te lees. Die een ’n kollega, die ander ‘n familielid. Beide vroue.

En laat ek net sê, ek is MAL oor die idee van die kerk. Ek is baie lief vir Christelike kuns (spesifiek die musiek, die skilderye natuurlik minder so). En die kerk staan dikwels op die voorpunt van vooruitgang. Ons baklei vir mense se regte. Ek het net anderdag weer hier ’n boek gelees wat bewys dat wat die kerk van Jesus vir die welsyn van die aardbewoners doen is ongeëwenaar. Daar is nie een enkele NGO wat eens naasteby daarmee kan vergelyk nie. Nie een nie.

Die kerk gee stukkende mense hoop. Dit inspireer mense om teen onregte te veg. Dit bemagtig. Maar, dit is uiteindelik ’n menslike instelling wat ongelukkig dikwels waar dit mense bemagtig, ook aan ons ’n platform gee om ons mag te misbruik.

Ek het die grootste bewondering vir dit wat Iraria probeer doen. En sy is reg. Fundamentalistiese gelowiges verskil nie regtig van daardie aggressiewe ateïste nie. Beide hierdie groeperinge het een belangrike ding in gemeen, en dit is dat hulle nie andere se besluite kan respekteer nie.

Maar wat my pla, elke dag as ek opnuut besluit om ’n Christen te probeer wees, is, speel ek nie maar net bloot saam in ’n sinnelose magstryd nie? Is ek nie maar net vandag weer ’n pion in hierdie ‘spel’ as ‘ons’ rondloop en vir mense vertel hulle moenie boeke lees nie en moet glo dat daar ’n groot blink troon daar anderkant die M16 galaksie is waarop God sit? Is ek nie maar net ’n skaakstukkie wat gebruik word om mense te laat glo dit is ‘Abraham’ waarna ons in die diens sit en kyk het nie?

Is ek nie ‘vals’ nie? Ek meen, dit is duidelik dat meeste van my mede gelowiges van my verwag om hierdie dinge alles onvoorwaardelik te glo. Die kere in my lewe waar ek my teen sulke dinge verset het, is ek summier as ’n heiden uitgekryt. Iets wat ek nou maar deesdae van myself wil begin glo. Ek het tog uiteindelik weinig sê in die saak van wie ek God noem, so lyk dit my.

- Hierdie is een van Barend se jongste blogs.
 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Morgan
Natuurrampe ’n groot tragedie

Dié leser is bly dat natuurrampe nie so gereeld hier voorkom nie en hoop dat ’n groot natuurramp SA nooit sal tref nie.  Lees meer...

1 menings 66 keer gelees
Gelaai deur
Mamma-Manewales
Is dit hoekom daar so baie hartse...

Voor jy vir iemand iets sê of iets doen, vra vir jouself af hoe sal jy voel as dit aan jou gedoen word?  Lees meer...

2 menings 427 keer gelees
Gelaai deur
Bets Kotze
Sinnelose advertensie

’n Advertensie oor ID-sekerheid is net ’n mors van belastingbetalers se geld, skryf ’n Nuus24-gebruiker. Lees meer...

4 menings 560 keer gelees
Gelaai deur
Vlaminqk
Die gelykenis van Elfrieda en die...

Elfrieda het ‘n vonk in hierdie boer se hart laat ontvlam, maar as haar pragtige liefdevolle hart maar net nie so ruim was nie... Lees meer...

4 menings 765 keer gelees
Gelaai deur
Hannes du Preez
Om tegnies gestremd te wees...

Luister wanneer jou vrou praat en jou net wil help, jy sal baie geldjies spaar, skryf ’n Nuus24-leser. Lees meer...

5 menings 642 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
‘Pierre Spies ‘n regte ysterman’

Dié Nuus24-gebruiker meen Pierre Spies ‘n regte ysterman. Op die veld doen hy sy werk en van die veld af is sy werk sy lewe... Lees meer...

5 menings 642 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.