Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
JanPubliek
 
Menings: 10
Artikels gelees: 811
 
 
Jongste kentekens:


 
Sien al JanPubliek se kentekens.
 

Ope brief aan Johannes Möller (Agri SA)

10 December 2012, 12:26

Insake: Maak 16 Desember ’n biddag

“Agri SA het ’n beroep op alle kerklike denominasies gedoen om Sondag, 16 Desember as ’n nasionale biddag te gebruik waar vir ’n geweldvrye samelewing én vir die ANC se besluite by die Mangaung-konferensie gebid word. Johannes Möller, president, het die versoek gerig dat Versoeningsdag ’n dieper rol moet speel waar vir versoening en vreedsame naasbestaan gebid word.”

Ek is in my wese teleurgesteld oor ‘n uitspraak soos die. Ek weet nie eers waar om te begin nie. U, as president van Agri SA is die man wat aangestel is om die belange van die boere te verteenwoordig. U is ‘n gesiene man onder baie... Maar ‘n uitspraak soos die is belaglik!

Kom ons praat oor 16 Desember. Dit is reeds ‘n biddag. Dit is Geloftedag. Dit is ‘n dankdag! Ek het op die plaas groot geword en het self geboer totdat ek nie meer kon byhou nie. Sestien Desember was gevier deur die boere as Geloftedag. Dit was deel van ons identiteit. Nou kom u met hierdie belaglike versoeningsgedagte na die boere toe.  

Met alle respek, is u dan blind? Sien u nie die nood raak van die mense wat u verteenwoordig nie? As u die mense wil help, herinner hulle aan hulle Gelofte met die Vader eerder as om op hulle gevoelens te speel om hulle erfenis te verraai! Hoe kan jy ons erfenis so eenvoudig verdraai?

Boere is besig om die stryd te verloor. Jammer, maar organisasies soos Agri SA is te blameer. Julle ruggraat is opgevou en word onder die bed weggesteek. Elke keer is dit hierdie kompromie, daardie samewerkingsooreenkoms en aanvaarding van nog laste op ons boere, maar ons sien julle nooit baklei nie?

Hoekom kan julle nie ook aksies reël soos Cosatu om sigbaar te word nie? Hoekom kan ons nie 30 000 liter melk gaan uispuit in die rolspelers se kantore wat dink dit is regverdig om ‘n melkboer R3 per liter te betaal nie? Hoekom kan ons nie soos boere in Europa trokke aan die brand steek met ingevoerde goedkoop vleis nie?

Julle gee julle self uit as die mense wat omsien na die boere, maar dit is tyd om te besef die omstandighede het verander. Al wat julle doen is om die boere se ruggies te vryf terwyl hulle nog bietjie agteroor moet buig!

As mens kyk na die omstandighede waarin ons boere moet oorleef is dit nag! Elke dag is daar nog ‘n boer wat ‘n paaiement agter raak...

Julle fokus op die handjievol ouens wat nog groot en sterk is terwyl die gewone boer tot niet gaan. Ek weet, want ek is een van die 80 000 blanke boere wat in die laaste 20 jaar van die plase af is.

Ek vra u... nee ek smeek by u, ter wille van die boere... Vra dat die boere hulle Gelofte moet nakom eerder as hierdie voorgestelde biddag.

Jy kan enige ander dag gebruik om jou idee te promoveer, maar 16 Desember is Geloftedag... Dit is ons erfenis. Moenie blind wees vir dit wat belangrik is nie. As u bereid is om ‘n biddag uit te roep, neem ek aan u glo in God.

As u in God glo, pleit ek by u, laat hierdie manne en vroue hulle verpligtinge teenoor God nakom...

Moenie ons van ons erfenis ontneem nie...

Met liefde,

Boere-groete,

Johan van der Merwe

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
ChrisAkkedis
Hoekom lag jy vir my?

Ons behoort onsself te bevraagteken as ons die mense wat ons vreemd vind wil marginaliseer, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 213 keer gelees
Gelaai deur
DelusionBuster
Die krag van gebed: Wat is die fe...

Meeste gelowiges glo dat God gebede verhoor, maar op een van drie maniere. Dié leser meen gebed werk net in sekere gevalle... Lees meer...

44 menings 865 keer gelees
Gelaai deur
ChristovdM
Waaroor die histerie?

Waarom is daar mense wat vordering op wetenskaplike gebied as ‘n aanslag op die Christendom sien?  Lees meer...

37 menings 426 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Waar is julle trots?

Halfkaal foto's, danse en bier. Hoe ver sal studente gaan om die beste te wees en weet ouers wat hul kinders doen? ’n Leser deel sy mening. Lees meer...

29 menings 1088 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Die Springbokke speel vir almal

Daar is verskeie tipes rugbyondersteuners, maar die Springbokke speel vir almal, skryf 'n Nuus24-leser. Lees meer...

2 menings 145 keer gelees
Gelaai deur
ChrisAkkedis
Is jy ‘n internet trol?

‘n Internet trol ‘n wrede en kwaadwillige gebruiker wat 'n aanlyn-gemeenskap besmet met haat en verdeeldheid, skryf ’n leser. Lees meer...

76 menings 1034 keer gelees

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.