Hierdie is deel II van my vorige brief “Wie gaan my beskerm?”.
Dis fantasties hoe die anonimiteit van die internet mense dinge laat doen en sê.
Nou, om uiteindelik by my punt uit te kom. Ek het ‘n staaltjie vertel van hoe rassisties mense in die geheel kan wees. Kom ons ruil nou die rolle om. Baie mense het my uitgekryt omdat ek dit durf waag om so eenoogig te wees en nie die realiteit van Suid-Afrika te ken nie. Ek ken die realiteit. Ek sien dit elke dag. Ek lees dit elke dag.
As my nuwe buurman swart was en gekla het omdat ek wit was, en ek het die artikel geplaas, sou almal my ondersteun het. Dit, my vriende is nie net “eenogig” nie dit is tonnelvisie en kortsigtig. Dit bewys my punt.
Julle sou my arme swartbuurman so vuil uitgevloek het dat die see hom nie sou kon afwas nie. Net omdat ek per toeval wit is.
Ek kan aangaan.
Ek is ook kommin genoem. Fyn, ek is seker maar. Ek het ‘n geleerdheid wat nie baie mense het nie. Ek het al baie bereik met my kommingeit as baie normale-gewone-mense.
Julle sal ook sê dat ek nou my frustrasies op julle uithaal, of bemoediging soek. Ek gee nie om oor bemoediging nie. Ek haal ook nie frustrasies op julle uit nie. Ek staaf feite.
Ek vertel stories. Want ek kan. Ek hou nie van my nuwe rasistiese buurman nie, want ek hoef nie – net so, het julle julle opinies, want dis julle s’n.
Al wat ek wel vra is, ruil bietjie die rolle om vir ‘n slag. Probeer ander se kulture en maniere leer ken.
Een van my beste vriende is per toeval swart. Ek het goeie ‘n Moslem-vriend ook. Ek het ‘n gay vriend ook wat absoluut alles sal doen om my te help. So what? Gaan ek nou daaroor ook gekruisig word.
Mense besef nie hoe skaars regte vriende is nie, totdat jy hulle nodig het.
Mense besef ook nie hoe ons almal mekaar nodig het om hierdie land te probeer werk nie.
Word wakker.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.