Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Iraia
 
Menings: 40
Artikels gelees: 511
 
 
Jongste kentekens:


 
Sien al Iraia se kentekens.
 

Ongeloof: geloof in 'n nuwe jassie?

06 December 2012, 15:21

Ek het niks teen ateïsme nie.

Baie van die beginsels wat grondliggend is aan ateïsme (of wat ateïste baie keer vir hulle as hulle s'n toeëien) soos naturalisme, kritiese denke, 'n voortdurende soeke na antwoorde wat nie bloot mooi en eenvoudig is nie, asook 'n aanvaarding dat die wetenskap vir ons baie dinge kan verduidelik, maak vir my so baie sin dat ek dit ook vir my wil toeëien.

My probleem met baie ateïste (om die ou aanhaling te herskryf, met apologie): “I like your atheism, it is your atheists I do not like”.

Ek word deesdae gebombardeer met mense wat hulle menings wil uitbasuin vanuit die hoogste bergpieke as die enigste moontlike waarheid. En hetsy dit van fundamentalistiese Christene of fundamentalistiese ateïste afkomstig is, dit stuit my elke keer teen die bors.

Ek voel geloof, soos geslag, ouderdom, ras, en seksualiteit, is iets waaroor elke mens die reg het tot eie siening en identiteit binne hulle spesifieke verwysingsraamwerk; en een siening is nie minder geldig as 'n ander een nie. Ek stry heerlik met my baie ‘letterlike’ Christenvriende oor hulle opinies, net soos my met my ateïstiese vriende oor hulle s'n - op dieselfde manier wat ek stry met my mansvriende oor hoekom dit lekkerder is om 'n vrou te wees, of met my gay vriende oor hoekom dit lekkerder is om van iemand van die teenoorgestelde geslag te hou: ons volstaan by ons opinies, skeer die gek met mekaar, en raak nooit, nóóit, persoonlik of neerhalend nie. Want mense het die volste reg om te glo wat hulle wil, om die wêreld aan hulleself te verduidelik soos wat dit sinmaak vir hulle.

Ek dink hier aan Pi se woorde in “Life of Pi”: “It was my first clue that atheists are my brothers and sisters of a different faith, and every word they speak speaks of faith. Like me, they go as far as the legs of reason will carry them - and then they leap.”

'n Sprong van geloof: dit is wat ons elkeen maak wanneer ons ons wil uitlaat oor of daar 'n God is of nie. Wat my pla is wanneer hierdie geloof as wete meegedeel word - hoe kan enigeen sê dat hy/ sy wéét (wat dus enige ander gedagte daaroor as verkeerd bestempel) dat daar 'n God is/ nie 'n God is nie?

Op daardie noot, dan, die twee hoofargumente wat ek identifiseer uit my ateïstiese vriende en kennisse se vertoë:

1. Die kerk is 'n mensgemaakte instelling wat deur die eeue gebruik is om mense te onderdruk, te diskrimineer, politieke doelwitte te dien - kyk na die historiese magsmisbruik daarin, ook in Suid-Afrika. In dieselfde trant, kyk na fundamentalistiese Christene wat baie keer as narrowminded bigots hulle opinie wyd en syd verkondig en ander met die Bybel oor die kop probeer slaan.

Okay, alles goed en wel, maar hoe maak jy die sprong van “Christene suck” na “daar is nie 'n God nie”?

Ek het vreeslik baie sterk fundamentalistiese Christenvriende. En ek kan eerlikwaar sê, die oorgrote meerderheid van hulle is baie meer nederig oor hulle opinies as die ateïste wat ek ken. Ek word baie minder geBible-bash as wat ek geDarwin-bash word. Die ironie is natuurlik dat ek ten volle saamstem met Darwin se teorieë, dié waarmee ek bekend is in elkgeval - baie meer as wat ek die Bybel in alle opsigte glo. Dit is 'n algemene fout onder ateïste: die veronderstelling dat alle gelowiges noodwendig oogklapdraende anti-wetenskaplikes is. Dit bring my by my tweede punt:

2. Wetenskap – en dan spesifiek evolusie -  is 'n bewese feit, en om in die Skepping te glo is met ander woorde foutief.

Weereens: hoe maak 'n mens die sprong van “evolusie is waar” na “daar is nie 'n God nie”?

Al wat evolusie moontlik bewys is dat die Bybel nie letterlik geïnterpreteer moet word nie. Oor God sê die argument eintlik niks, buiten dat Hy nie beperk en gedefinieer kan word tot 'n enkele boek, en deur 'n enkele interpretasie daarvan nie. As die (myns insiens) Skepper, kan Hy nie juis evolusie in Sy skeppingsproses gebruik nie?

Wat ek dus sê, is dat bogenoemde argumente miskien verduidelik hoekom Christene of die kerk nie altyd navolgenswaardig is nie, maar dis 'n vêr sprong van bepaal of daar 'n God is of nie. Dáárdie is 'n keuse wat self gemaak word, gebaseer op geloof, en geloof alleen.

Dus, wat my oor die algemeen tref, is die arrogansie wat ek raaklees op verskeie plekke (waarvan Facebook natuurlik een van die grootstes is). 'n Mening wat baie aangehang word, is om geloof as bygeloof te bestempel. Wat is in die eerste plek fout met bygeloof, as dit niemand skade doen nie?

En sover ek dit verstaan, is die definisie van bygeloof min of meer iets soos “ ’n idee wat nou, in die lig van nuwe feite, niksseggend en onwaar geword het”. Hoe maak dit van geloof 'n bygeloof?

Geen feite wat ek nog ooit aangetref het kon onteenseglik bewys dat God nie bestaan nie. Dit het dus nog nie obsolete geword nie. As geloof in God noodwendig ‘n bygeloof is, dan wil ek vir Antjie Krog hier aanhaal: “Uitsprake dat daar niks anders bestaan as wat onteenseglik bewys kan word nie, is waarskynlik ook niks anders as ‘n bygeloof nie”.

Ek ervaar ook baie dat mense geloof sien as die “oningeligtes” se manier om die wêreld aan hulleself te verduidelik. Van wanneer af is suiwer wetenskap 'n trappie hoër as enige ander manier om die wêreld aan jouself te verduidelik? Dis asof ateïste sê: “sterk, intelligente mense kan die naakte waarheid in die oë staar, sonder om 'n god nodig te hê om die skok te breek. Dis die swakkes wat nodig het om te glo in 'n hiernamaals, in 'n verdere rede as die blote nóú” en “die arme siel glo in God want hy’s oningelig, narrow-minded, en hy kort iemand om te blameer vir sy kak lewe. Kom ons help hom reg en maak die wêreld vir hom meer ingelig en nog meer galbitter. Want sterk mense kan dit VAT.”

Die bogenoemde gedagte is dus dat “krukke” noodwendig sleg is. Maar soos enigiemand wie se been nog ooit gebreek was jou kan sê, krukke is broodnodig. En wie word nie op een of ander stadium deur die lewe verniel nie? As geloof dan net 'n spul nonsies is  - en ek kan nie onteenseglik bewys dat dit nie is nie - hoekom mense oor die kop wil slaan met “hoër” kennis? Hoekom nie elkeen aan homself oorlaat, aan sy eie gewete nie?

Hoe ookal jy die wêreld sien, op die ou end gaan jy tóg 'n wêreldbeskouing hê wat jóú help om sin te maak van die lewe - al is dit miskien “niks beteken iets nie, niks maak sin nie, die lewe is 'n redelose uitgerekte bestaan wat eindig in stof” (nie dat ek sê dit is ateïste se opinie nie; ek skets bloot die bleekste lewensbeskouing waaraan ek kan dink) - en hoe is een manier van kyk beter as 'n ander?

Boonop pla dit my dat die “oplossing” vir die bogenoemde gelowige naïwiteit skynbaar meer kennis is. Hier is hoe ek dit sien: kennis is belangrik. Kennis gaan jou help deur die lewe. Hoe meer kennis, hoe meer ingelig is jou keuses. Maar eindelik, wanneer dit neerkom op geloof (soos ook met seksualiteit, die kultuur waarmee jy wil identifiseer, die taal wat jy die graagste praat, ensovoorts) is kennis net op die agtergrond. Jou persoonlike voorkeure, wat by jou resoneer, wat pas by jou manier van lewe: dít is wat jou siening bepaal. Ondersteun deur jou kennis en blootstelling, ja, maar nie bepaal daardeur nie.

Een ding wil ek duidelik stel: evolusie staan miskien lynreg teen die letterlike Bybel-geïnterpreteerde, binne-ses-dae-het-God-die-aarde-geskep tipe kreasionisme. Maar dit staan nie lynreg teen geloof (en ek vermy die woord “Christenskap” want ook dít het al te veel konnotasies) nie. Die lewe is kompleks. In plaas daarvan om soos die blinde manne te verkondig dat 'n olifant bestaan uit 'n slurp, of 'n been, of 'n stert, kan ons miskien die moontlikheid in ag neem dat 'n olifant beide bene en slurp het, en dan boonop nog 'n magdom ander aspekte waaraan ons nog nie eens gedink het nie: 'n kop, ore, rug... toonnaels, for crying out loud!

Wat ek basies wil sê is: baie ateïste is vir my net so ongenaakbaar en onvolwasse soos jou mees Bible-bashing, fundamentalistiese Christene. Om dié wat volgens jou veroordeel, te veroordeel, maak  jou nie enigsins meer verlig as hulle nie. En ek wil nie almal oor dieselfde kam skeer nie.

Ek beskryf slegs wat ek waarneem rondom my, veral in die jonger, vrydenkende, akademiese kringe waarin ek soms effens beweeg, en ek vra aan dié wat hulle ooit aan enige arrogansie (uit watter kant van die spektrum) skuldig gemaak het: hoe is jy enigsins anders as enigiemand anders?

Hier staan ek dus. Met my gaterige kennis, aanmekaargelaste lewensuitkyk, geloof in 'n God wat ek besef ek nie kan verklaar of begryp nie, en baie meer twyfel as antwoorde.

En in my onkunde wil ek nie ander se sienings kritiseer nie, slegs vra of dit werklik moontlik is om nié in onkunde te wees, om nié maar slegs in 'n dowwe spieël te sien nie?

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
40 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

6 menings 124 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

4 menings 559 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

2 menings 739 keer gelees
Gelaai deur
Tanya Jordaan
Laat geregtigheid geskied

Geen onskuldige man moet boet vir ’n daad van ander nie, maar so ook moet geen moordenaar en verkragter los kom deur swak ondersoek nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

1 menings 183 keer gelees
Gelaai deur
Johan Jacobs
‘Bring die lat terug’

’n Pakslae in skool is soos die dood straf. Toe dit weg val toe is die kinders baas met hul eie regte, meen ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

18 menings 414 keer gelees
Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor die tekens van die tyd

Daar kom ‘n tyd in elke mens se lewe dat hy moet erken dat die tekens van die tyd deeglik sigbaar is... Lees meer...

9 menings 1070 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.