Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Nuus24-lesers
 
Menings: 1
Artikels gelees: 186
 
 
Jongste kentekens:
 
 

‘Tronke nie leer-vriendelik’

25 February 2013, 15:25  - Nuus24-lesers

Nuus24 het by lesers gehoor hoe hulle voel oor gevangenes agter tralies wat nou móét leer...

Lizelle: “Dog die regering wil misdaad bekamp nou wil hulle dit aanhits, deur dit gaan ons misdaad toeneem. Nee, stem nie saam nie hulle is daar vir ’n rede en misdadigers is nie veronderstel om perks te kry nie.”

Sonja: “Ek dink dit is so onregverdig dat gevangenes, verniet opvoeding kry met taxpayers se geld, terwyl baie mense sukkel om vir hulle kinders die geleentheid te gee vir opvoeding. Die gevangenes moet eerder werk (dienste doen) vir hulle verblyf, aangesien hulle verniet bly en eet.”

Charmaine Niemann: “Welgedaan korrektiewe dienste aan jul positiewe bydrae om die gevangenes te rehabiliteer met voorgraadse opleiding en die vaardighede van lees en skryf vir die wat se omstandighede dit nie toegelaat het nie en die wat dit van hul self ontneem het. Ons wil suksesvolle gerehabiliteerde vrygelates in ons samelewing hê wat hulle self bewys dat 'n mens kan verander as jou psige dit toelaat en jy jou tyd uitgedien het.”

Rina J V Nieuwenhuizen:
“Hulle sit met ’n potensiële werkkrag van miljoene in die tronk, terwyl die paaie en ander infrastruktuur tot niet gaan. Laat hulle daar begin en hande-arbeid verrig, hulle sal nie weer gou wil teruggaan nie. Hulle kan na-uurs studeer en daarvoor betaal, soos almal dit maar gewoonlik doen wat hulleself wil verbeter!”

Jannie du Toit:
“Baie dankie, dit sal seker met my en jou belastinggeld gedoen word. Verder kan dit net ’n nuwe probleem skep, naamlik geleerde skelms.”

Louise van Staden: “Wie betaal daarvoor, die belastingbetaler sorg vir die skurk om geleerdheid te kry, wie anders?”

Jack W Smit: “GOEIE PLAN. Net die uitvoering: Wie gaan klasse aanbied? Watter lokale is beskikbaar? Boeke? Rekenaars? Papier? Skrybehoeftes? Hoe gaan eksamens en werksprojekte werk? Wie pos dit? Internet beskikbaarheid en kostes? Ek het in die Windhoek gevangenis ’n jeugdige gehad wat niks kon lees of skryf nie. Ek het hom probeer leer om die alfabet te skryf in my kantoor, maar ek kon nie daarin slaag nie. Sy verstandsvermoëns, konsentrasiegebreke asook die invloede van ander gevangenes het dit onmoontlik gemaak. Die omgewing in tronke is nie leer vriendelik nie. Die wat wil leer moet apart gehou word en die ander moet fisiese werk gaan doen.”

Irene Meyer:
“Dit is goed, maar wat wil hulle daarmee bereik, ons kinders met universiteitsopleiding kan niks met dit eers doen nie?”

Ria Visser: Baie mense kon hulle kinders nie laat leer op universiteit nie, my genade en hulle wat in die tronke is kan verniet leer? Dis wragies onregverdig! So die grootste krimineel sal dalk uit die tronk stap as `n advokaat ens! Wonder waar sal hulle werk kry, is `n ander vraag. So jy kan nou maar`n kriminele rekord hê en sal dalk werk kry! Watter groot grap!!”

Amanda Burger: “Als goed en wel, maar daar's mos beter maniere/ plekke om so iets in te stel? Hoekom ons geld gebruik om dit te implimenteer, wat van AL die goeie ongeskooldes buite die tronke?”

Thinus Lotz: Interessant dat hul moet leer, maar die kinders in ons land kry nie eens die nodige ondersteuning van ons regeering nie. Zuma kry eerder ons skole reg vir ons kinders en hang die moordenaars, plus harde arbeid vir gevangenisse.”

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Simon Riekert
‘Pierre Spies ‘n regte ysterman’

Dié Nuus24-gebruiker meen Pierre Spies ‘n regte ysterman. Op die veld doen hy sy werk en van die veld af is sy werk sy lewe... Lees meer...

0 menings 319 keer gelees
Gelaai deur
Alicia
‘Ek was amper bokveld toe…’

Haar motor het tot ‘n rukkende stilstand gekom. Toe belsuit sy om die treinspoor te volg en hulp te soek... Lees meer...

0 menings 986 keer gelees
Gelaai deur
Tanya Jordaan
Moet nie ander afjak

Elke dag is ’n stryd om liggaam en siel bymekaar te hou. So moenie mense afjak, jy weet nie watse paadjie daai persoon moes loop nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

0 menings 580 keer gelees
Gelaai deur
Sergio Bowkers
‘Wees meer verantwoordelik’

Die lewensgehalte word verhoog en geldsake hou nie by met die vinnig groeiende verhoogde lewensstandaarde, skryf ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

0 menings 194 keer gelees
Gelaai deur
KatrinaO
My keuse

’n Leser wonder hoekom ateïste so maklik en vinnig Christene aanval, verkleineer of verkeerd probeer bewys. Wat het geword van wedersydse respek? Lees meer...

0 menings 919 keer gelees
Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor name, vanne, diere en dorpe

Daar skuil báie agter ’n naam. Veral as jy ’n Afrikaner in Engeland is, skryf ’n Nuus24-gebruiker Lees meer...

0 menings 862 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R380000 - R400000

Direcctor of Finance

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R1200000 - R1700000

Financial Manager

Centurion
Communicate Cape Town IT
R600000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.