Groot opgewondenheid heers in sekere geledere oor die hoeveelheid matrikulante wat ‘geslaag’ het. Aan die ander kant is daar ook diegene, myself ingesluit, wat maar skepties staan oor hierdie sogenaamde prestasie. Die media het dan gereeld oor probleme in die onderwys berig.
Maar met n slaagvereiste van 30% per vak, hoe is dit moontlik dat iemand nog steeds kan druip? Wie druip n vak met 'n 30% slaagvereiste? Ek persoonlik dink iemand moet darem regtig erg lyf wegsteek as jy nie eens 30% in n vak kan haal nie. Daai slaagvereiste behoort iemand op algemene kennis te behaal as jy net opgelet het in die klas.
Kan dit wees dat die gehalte vraestelle deel van die probleem is? As dit is, hoe het meer as twee derdes dit dan reg gekry om die vrae reg te antwoord. Buiten dit is dit mos ook nie asof elke vraag n probleem geskep het nie en dus kon die leerlinge maklik punte by ander vrae gekry het.
Dan moet ons ook nog in ag neem dat die punte aangepas is wat nog slegter reflekteer op die druipelinge.
Wat hou die toekoms in vir hierdie groep druipelinge? Hoe neem jy so persoon in diens as die tekens reeds daar is dat hy lyf weg steek. Ongeveer 'n kwart van die leerlinge wat geskryf het het absoluut die minimum kans om 'n werk te kry en dit terwyl daar alreeds 'n verwagting was dat slegs 25% van die matrikulante in elk geval 'n werk sal kry.
Ek dink dus nie ons behoort opgewonde te wees oor die slaagsyfers nie, maar ons moet eerder bekommerd wees oor die wat gedruip het. Hoe gaan hulle in die ‘grootmens’ wereld geabsorbeer word? Is dit ons nuwe geslag kriminele, bedelaars ens?
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.