Enige persoon wat eiendom beskadig tydens die voorgenome protesoptrede oor die e-tolstelsel "sal met die wet te doen kry".
Thabo Masebe, regeringswoordvoerder, het Donderdag 'n beroep op betogers gedoen om hul reg op protes binne die wet uit te oefen."
So berig die media Donderdag.
Toe hordes vreemdes van elders na die brandpunte in die Boland soos De Doorns aangery is om plaaswerkers by te staan in hul betogings vir hoër lone, was dit die boere wat met die wet te doene gekry het as hulle hul plase en diegene daarop wou beskerm.
Die betogers is met handskoene hanteer en in effek op die hande gedra terwyl toegekyk is deur die owerhede hoe die betogers wet in eie hande neem en miljoene rande en jare se skade aan private eiendom veroorsaak het.
Die minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Pettersson, het in effek die betogers aangemoedig om aan te hou betoog.
Noudat Cosatu dreig om staatseiendom (die e-tolhek) in Gauteng te vernietig as die stelsel nie geskrap word nie, nou gryp die polisie/ regering in.
Zille en die plaaseienaars in die Boland, is egter op hul eie lot aangewese.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.