Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
 
Menings: 0
Artikels gelees: 95
 
 
Jongste kentekens:
 
 

‘Musiek maak my bly’

18 February 2013, 12:24

Ek is nie die soort wat DVD’s en CD’s en dies meer aanskaf nie.

Ongelukkig kan ek ook nou nie spog en sê dit is omdat ek veel van ’n tegnologie junkie is en dat daardie soort tegnologie nou vir my verouderd en behorende tot die vorige millennium is nie. Nee. Die rede lê in die feit dat ek nie ’n versamelaar is nie. Dit sal net nog ’n ietsie wees wat ek moet saamsleep deur die lewe. Asof daar nie alreeds genoeg tjol is wat mens se dae vul nie. Nee. CD’s en DVD’s maak my nie bly nie. Maar musiek wel.

Ek versamel niks. Daar is sulke plekke waar mense mos goete versamel en bewaar vir die nageslag. Plekke soos museums en argiewe. Dis plekke spesiaal ontwerp vir sulke dinge. My kaste is beslis nie.

Maar ek ken mense met indrukwekkende versamelings van alles en nog wat. En toe ek die kans kry om Rocco de Villiers op DVD te sien toe reken ek ag dis seker beter as, wel, baie ander dinge en toe kyk ek die ding. En ek moet sê, ek kan dit nogal aanbeveel.

Wat lekker is van hierdie DVD is dat dit is soos om amper twee volle ure van ’n raps voor middernag te hê. Ja, daai program van Fonnie du Plooy. Die groot verskil is net miskien dat Fonnie ’n beter stem as Rocco het. En dis hoekom Rocco natuurlik eerder klavierspeel as praat. Maar hy het wel baie staaltjies wat hy so tussendeur vertel, wat heel vermaaklik is.

Wat vreemd is van hierdie DVD is die feit dat die volume van die musiek hemelsbreed verskil van wanneer daar gepraat word. Die resultaat is dat elke keer wat Rocco begin met ’n storie, jy dan niks hoor nie. Dan moet jy eers die volume hoër stel, maar wanneer hy dan klaar is met sy storie en hy begin weer klavierspeel, dan is dit soos advertensies met nuustyd of as jy naby die kombuis sit in ’n Spur – want jy moet op almal skree om jou te kan hoor!!! Dis nou tensy jy weer die volume laer stel, wat jy maar uiteindelik uit nood doen.

Behalwe vir die staaljies wat De Villiers vertel, maak hy ook van dansers en beligting gebruik, natuurlik om die vertoning meer interessant te maak. Daar is ook hier en daar agtergrondmusiek wat bykomend is tot die klavier, en wat as ’n tipe ‘backtrack’ tot die klavier funksioneer op sommige snitte, maar dit is wanneer dit net Rocco en die klavier is wat sy meesterlike vermoë volgens my beskeie mening die heel beste na vore tree. So lewer Rocco ’n besondere vertolking van ‘CHOPSTICKS’.

Daar is ook interessante kostuums. In sy vertolking van ‘EDELWEISS’ kan mens vir Rocco sien waar hy geklee is in iets wat nogal bietjie aan die een of ander militêre uniform herinner.

Wel, dis nie die tipe ding hierdie wat ek sal aanskaf nie. En ek sien uit daarna om hierdie DVD weer aan sy eienaar terug te besorg. Maar ek dink nou nogal dat ek eendag vir mnr. de Villiers in lewende lywe sal wil sien klavierspeel, want hy het nogal ’n slag met die storie.

Hierdie is een van Barend se jongste blogs.

GESELS SAAM: Het jy onlangs ’n CD of DVD gekoop wat jy dink die moeite werd is om aan te skaf? Vertel ons hier van dié kopie.
 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Willem Morris
Iets moet nou gebeur

Behuising en dienslewering is ’n baie groot probleem in Suid-Afrika. Dis tyd dat politici daad by hul woord voeg, skryf ’n leser. Lees meer...

4 menings 89 keer gelees
Gelaai deur
Hannes du Preez
Om te spel of nie...

As dit kom by spelling is hy nie die beste, maar ‘n skool moet tog weet hoe om te spel, skryf ’n leser. Lees meer...

7 menings 296 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Geen einde aan debat oor stadion

Die Stad Kaapstad sukkel so met die stadion, maar met WP Rugby aan die stuur kan die stadion vir minstens 10 maande in die jaar gebruik word.  Lees meer...

2 menings 289 keer gelees
Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

15 menings 455 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

5 menings 829 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

2 menings 842 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Assistant Director

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R750000 - R1000000

Product Controller

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R450000 - R600000

MI Accountant CA

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.