Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Fanie.Os.Oppie.Jas
 
Menings: 0
Artikels gelees: 257
 
 
Jongste kentekens:

 
Sien al Fanie.Os.Oppie.Jas se kentekens.
 

Movember is die mooiste maand

31 October 2012, 15:15

Dis alweer dáárdie tyd van die jaar.

Dit begin met die skalkse deurskemering van ’n paar stoppels. ’n Subtiele sinspeling op wat straks ’n rowwe naweek was. Met die verloop van ’n paar dae begin dit egter gedy, totdat die onteenseglike bewyse daar is vir almal om te sien.

En wanneer die produk van die skeerstaking wasdom bereik, word die onderste deel van die somtotaal onseremonieel weggesnoei en voila! Pappa is gereed en uitgevat vir Movember!

As ’n voormalige inwoner van Snor City (met apologie aan Bernoldus Niemand) kan ek jou ’n ding of twee van ’n besembek vertel. Want Pretoria is mos die stad met géén bolip glad. Waar die kweek van ’n snor meer belangrik is as jou tjor en waar meneer Snortjé sy Ford Snortina lekker vet gee.

Maar ten spyte van hardnekkige gerugte wat die teendeel beweer, het die snor nie sy oorsprong in Pretoria gehad nie. Die vermoë om ’n snor te kweek word vir millennia al, onder bevolkings wêreldwyd, beskou as ’n simboliese bevestiging dat ’n seun ’n man geword het – ‘n brokkie inligting wat straks ‘n horde Joodse en Xhosa-jongkêrels ietwat ingedoen sal laat voel.

Ja, die geskiedenis lê besaai met snordraende karakters. Moses, Piet Retief en Eugène Terre’Blanche, om net ’n paar te noem. Dié driestuks sou egter nie volgens Movember-riglyne kwalifiseer nie, synde húlle snorre vergesel was deur baarde.

Salvador Dali? Ai-tai-tai! Dáár was nou vir jou ‘n weglêsnor wat die koppe laat draai het... hoofsaaklik om uit die pad van die skerp punte daarvan te kom, maar nietemin een wat tot in verganklikheid onthou sal word. Ditto die manjifieke pogings van Albert Einstein, Ned Flanders en selfs ons eie Snorre de Villiers.

En ’n bolip hoef ook nie altyd met ’n opreggeteelde snor versier te word om die draer daarvan in die annale te verewig nie. Vat byvoorbeeld die tandeborselsnor – daai een waarvan die puntjies aan weerskante mee weggedoen is. Charlie Chaplin het dit bekend gemaak, Adolf Hitler het dit berug gemaak en Robert Mugabe het dit belaglik gemaak. Wat ’n skitterende voorbeeld van evolusie in trurat.

En soms is dit juis die afwésigheid van ’n snor waarvoor die kwasi-eienaar onthou sal word. Soos oom Paul. “Om my pruim beter te kan spoeg, my kind”   

Vir die statistici en die aanhangers van trivialiteite onder ons: die rekord vir die langste snor is ’n verbysterende 3.8 m en word deur Bajansihn Gurjar van Indië gehou. Indien jy heimlik drome koester om hiérdie rekord te verbeter, gaan jy waaragtig moet vasbyt, want dit het Mev. Gurjar ’n hele 22 jaar geneem om haar snor só lank te groei.

Ekself gaan Movember hierdie jaar ’n mis gee. Ek het verlede jaar my allerbeste probeer, Bob Martins en al, maar die feit dat my bolip deur slegs sewe haartjies per vierkante sentimeter bevolk word, het my met die aanbreek van 30 November soos ‘n basterkruising tussen oom Kaspaas en ’n hupse adolessent laat lyk. Die hoon waarmee my voorkoms begroet is, het ’n letsel op my psige gelaat en ek is vasbeslote om myself hierdie jaar die trauma te spaar.

Maar alle grappies op ’n snortjie. Die Movember-veldtog is ’n prysenswaardige een, want prostaatkanker verdien om uit die skadu’s te beweeg.

Maak daarom jou hart en jou beursie oop en ondersteun jou snorgroeiende vriende mildelik in hulle pogings. Lag met ‘n traan - só gaan ons nog ál die euwels van hierdie wêreld oorkom. 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Morgan
Natuurrampe ’n groot tragedie

Dié leser is bly dat natuurrampe nie so gereeld hier voorkom nie en hoop dat ’n groot natuurramp SA nooit sal tref nie.  Lees meer...

0 menings 0 keer gelees
Gelaai deur
Mamma-Manewales
Is dit hoekom daar so baie hartse...

Voor jy vir iemand iets sê of iets doen, vra vir jouself af hoe sal jy voel as dit aan jou gedoen word?  Lees meer...

0 menings 258 keer gelees
Gelaai deur
Bets Kotze
Sinnelose advertensie

’n Advertensie oor ID-sekerheid is net ’n mors van belastingbetalers se geld, skryf ’n Nuus24-gebruiker. Lees meer...

0 menings 509 keer gelees
Gelaai deur
Vlaminqk
Die gelykenis van Elfrieda en die...

Elfrieda het ‘n vonk in hierdie boer se hart laat ontvlam, maar as haar pragtige liefdevolle hart maar net nie so ruim was nie... Lees meer...

0 menings 742 keer gelees
Gelaai deur
Hannes du Preez
Om tegnies gestremd te wees...

Luister wanneer jou vrou praat en jou net wil help, jy sal baie geldjies spaar, skryf ’n Nuus24-leser. Lees meer...

0 menings 629 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
‘Pierre Spies ‘n regte ysterman’

Dié Nuus24-gebruiker meen Pierre Spies ‘n regte ysterman. Op die veld doen hy sy werk en van die veld af is sy werk sy lewe... Lees meer...

0 menings 635 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Web/Data Analyst

Western Cape
CME Recruitment
Market Related

Procurement Officer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Procurement Officer

Cape Town CBD
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.