Die moord op die Kaapse ma is skokkend en kan nie in woorde beskryf word nie.
Om die lewe van 'n medemens so koelbloedig te neem vir 'n paar aardse besittings gaan eenvoudig die verstand te bowe!
Regverdig dit my om andere hul leefruimte en geboorteland te ontsê? Waarom word daar geroep om "volk en vaderland" deur buitestaanders; en nie eers kennisse of naasbestaandes nie; wanneer 'n moord op 'n sekere kleurgroep gepleeg word; asof die anderskleuriges nie in die land hoort nie?
Die eerste Europeërs het nie met blank of swart eerste in die land kennis gemaak nie! Kan hulle hulself dan die reg toe-eien dat die land aan hulle behoort?
Moord en verkragting is van die onmenslikste misdade denkbaar en daarom stem ek volkome met Godswoord saam: "'n Oog vir 'n oog,...."!
Moordenaars verdien die doodstraf, verkragters moet ontman/gekastreer word, pedofiele moet publiek gemaak word, ens. Hulle is van geen nut of waarde tot die breë samelewing nie!
Dit gee ons geen reg om ander hul burgerskap te ontneem nie of ons te wil afsny van ander nie!
Ons sal weer van meet af moet begin en die woord van God (die Bybel) as ons handboek moet opneem en ons denke en leefwyse daarvolgens moet rig.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.